Vandag, 14 Maart (3.14), is dit Pi-dag. Dit word wêreldwyd gevier, en nie om dowe neute nie. Allerhande toetse kan daarmee uitgevoer word, en dit het tallose gebruike. Die wiskundiges hier op SêNet sal dit vir ons mooi kan verduidelik. Ek is seker Jan Rap is in vervoering daaroor, want hy het mos skooltyd al sy wiskunde-onnies laat kopkrap.
Ek het dit al gebruik om die Bybel (en God) te toets, en tot die teleurstelling van Christene moet ek sê, die boek het wiskunde totaal gedruip. Volgens God is Pi gelyk aan 3.
Groete
Angus


Kommentaar
Pi (pastei in Afrikaans) is natuurlik ook nie gelyk aan 3.14 nie. Ons moet dus eintlik eerder gaan soek vir 'n pastei-oomblik as pasteidag, en die naaste wat ons kan kom in alledaagse terme is 14 Maart, vyftiende uur, negende minuut en tweede sekonde. (3.141592). Of dan 14 Maart, om 15:09:02.
Angus, Life of Pi maak veel meer sin - het jy die fliek gesien?
Hoe spreek 'n mens "pi" uit? Is dit paai, of pie? Skryf 3.14 op 'n stukkie papier, en hou dit voor die spieël. Dan sal jy sien hoe (mits jy natuurlik die 4 skryf soos die rekenaar, nie 'n oop 4 nie.)
Angus