strydsie virrie taal, of vir ‘ilwimi’,
aaire vir eie, Eie, Naast’, eg reg,
mede-Mens, mede-spreker, t’veg,
niks glattie soos Mens’t sou sienie
Afrikaan(-se), inne whaaib, oppe Zabalaza-lyn,
nie oorlogsvlugt’ling’lik ytie realiteit yt v’rdwyn,
Mens Mens nie Self submissiveer aan allie skyn,
skep magsjagse uit’r aard, metodies, lastig, pyn
uit Timbuktu-argief menigt’ dokument’ v’rmis,
weet niemand hoe omvangryk oorlogskade is,
verwys neo-kon-libs, politici, nie na “terroris”,
vryheidstrewe linguïsties, ’p taalvlak uitg’wis
soebat, smeek, pleit, ‘cela’ Mens, umNtu, inshAllah,
kanala, wat van Mens se reg, híér, post-Gondwana?
Jacobus Faasen

