Ek sien die arme drol vestig weer aandag op die misdaad in die NSA. Hoe anders want om 'n enkele moord in Birmingham voor te hou as hoe sleg dit in Engeland gaan gooi natuurlik die kollig op SA waar daar, statisties, dieselfde dag oor die 400 moorde plaasgevind het. Wat nog van die verkragtings, roof en kapings.
Daar vind wel moorde in Engeland plaas en hulle is verskriklik bekommerd oor dit nader aan die wêreldgemiddeld kom; die wêreldgemiddeld is wat ookal per 100 000 mense en Engeland is net so oor die helfte daarvan. Suid-Afrika is 4,5x (ja vier-en-'n-half maal) hoër as die wêreldgemiddeld! Ek is seker dis nóg hoër want waar sal daar nou betroubare syfers vandaan kom? Die polisie gaan mos nooit die ware syfers gee nie. Voorwaar 'n land van geweld.
Nou die dag is 'n agtjarige laerskooldogtertjie dood op die skoolterrein gevind na sy 'n week vermis was. Sy was verkrag en haar oë was uitgesteek. 'n Dag of wat voor dit het 'n bende in polisieklere 'n gesin uitgeroei, so-iets soos 6 kinders geskiet. Daar is miljarde rande se sake hangende teen die polisie en, selfs as dit opgeblaas is; daar is al R 120 000 uitbetaal.
Vandag met die verkeersverslag is drie plekke uitgewys wat motoriste moet vermy aangesien daar klipgooiery en bandebrandery is. So pas oor die nuus is berig dat 'n vrou dood is toe die polisie mense op Ermelo met traangas uitmekaar gejaag het waar hulle weer met 'n betoging besig was. Hulle het een of ander amptenaar as gyselaar gevange geneem en iets weer aan die brand gesteek, 'n gebou of 'n voertuig, miskien albei.
Nou net oor die nuus sê hulle die vragmotorbestuurders moet versigtig wees as hulle in Beaufort-Wes aankom; daar is ook moeilikheid, opstand of iets. Ja-nee, die NSA is voorwaar 'n land van geweld.
Ek wonder, Birmingham? Is dit nie waar 'n klomp immigrante bly nie?
Jan Rap


Kommentaar
400 moorde per dag in SA?