o wee

  • 0

ontkenningsonkunde, Self-destruksie, NDR-pedagogie,
alles hang af, wie’t hanne ’p staatskas, in hegemonie,
tussen vryheid en demokrasie, neo-Gini-koëffisiëntlik,
digotomie, wyd-’n-syd, ver-IT, kloof amp’r onmeetlik

sterf onskuld onnodig, G’wete, Millennium Drie Krisis,
“Duiw’lspiek”-sieke sieker, al sieker, Self-destruktief,
vir waardes, etiek, respek, vir Naast’liefde glattie lief,
mugumamparapaloeka, pretendeer, asof als in ord’ is

geest’likes gee wragtig voor hul glo, so ’n suiw’r leuen,
g’n kruk, stut, fondament, vir Fariseërs, hul op t’steun,
as’t waar als laissez-fairisties, submissiew’lik aanvaar,
Idee, van Skepping, Skepper S’n, as ‘hereties’ v’rklaar

stryd versus boosheid, ’t b’gint in Mens Self, o wee,
struktuurg’weld, haat, oorlog, ’t lat als net meegee

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top