Hello,
Die argument gaan oor demokrasie en wie het die reg tot demokrasie. Die argumente teen die uitbreiding van demokrasie is bekend en word opsommend soos volg aangebied.
“Hulle” is nie gereed vir demokrasie nie en het ook geen ervaring met demokrasie nie net soos “hulle” vatbaar is vir geweld en onverdraagsaamheid. In so ‘n bestel is die enigste uiteinde dat ‘n outokrasie of ‘n teokrasie die gevolg gaan wees. Die vraag was ook kan demokrasie werklik buite die Weste bestaan en was van die bekommernisse of dit sou sin maak “to have these other countries governed on the basis of elections that might mobilize the passions of the uneducated and poorly informed “masses”. Soos nou al gesien ook bekend as “die hordes”, ”die massas”, ”die pes”, tot die groot gejuig van ‘n Trienie.
Die volgende argumente teen die reg tot demokrasie word ook uitgelig deur Larry Diamond en word soos volg aangehaal:
“they not only lacked the intrinsic suspicion of authority that buoyed democracy in the West but practiced a deference to authority that answered deep psychological cravings for the security of dependency”.
Terwyl Elie Kedouri famous British historian of the Middle East dismissed:
Dan is daar natuurlik Samuel Huntington wat dit soos volg verwoord en ‘n waarskuwing gerig het oor die volgende:
Hy het ook klem geplaas op die “cultural distinctiveness of the West, most notably its Christianity, pluralism, individualism, and the rule of law”.
Hy voer ook aan dat:
Hierdie is dan die agtergrond en is tekenend van die tyd waaruit dit kom maar voeg die sosiale wetenskappe die volgende tot bogenoemde toe:
Hierdie was nie die argument volgens Larry Diamond waarvoor Lipset gestaan het, maar was wel so gebruik deur die wat demokrasie wou inperk.
Dit is aangevoer dat ontwikkeling slegs volgens die volgende patroon kan geskied:
Die tweede argument ontwikkel deur die sosiale wetenskappe in verhouding tot die beperking van demokrasie word soos volg verwoord:
Hierdie alles behoort duidelik te wees vir almal wat nou al sonder end moes aanhoor hoekom demokrasie nie in Suid-Afrika kon implementeer word nie.
In teenstelling met die argument dat die verspreiding van demokrasie ‘n hoogtepunt bereik het en beperk sou wees tot die Weste het daar ‘n drastiese uitbreiding gekom vanaf die 1980’s deur die 1990’s en het nou stabiliseer op ongeveer 3 uit 5 lande of dan 60% wat standhoudend demokraties bly.
Die gunsteling argument is dat demokrasie as ‘n unieke eienskap net die Weste toekom, maar Larry Diamond dui die volgende aan:
Die mensdom het dus sy keuse gemaak en word byvoorbeeld in ‘n meningsopname gedoen in Afrika waar 70% van die respondente aangedui het dat hulle keuse vir demokrasie is. In Afrika het bitter ondervinding geleer dat sonder demokrasie is beide vryheid en brood buite bereik en dat dit die fondasie is van die beskerming van alle verdere regte.
Dit word aanvaar dat demokrasie in ‘n land kan misluk, grootliks as gevolg van korrupsie en die mag wat deur gekose leiers misbruik word om regte terug te rol en dan nooit van die mag afstand doen nie.
Die vraag was, is daar ‘n fondasie in Suid-Afrika vir ‘n suksesvolle land daargestel?
Die antwoord kan wees, die beste manier om demokrasie te bereik is deur demokrasie.
Sekerlik beaam historici dit.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Hello,