Hello Jan et al,
Die aard van geheue is dat wanneer ‘n onderwerp aangespreek word die aanhoorder daarvan soms sal teruggaan na van die opstelle, artikels, programme, boeke wat voorheen aspekte van die onderwerp laat uitstaan het en dan weer herbesoek.
In hierdie geval was dit die argument oor Camus wat my beide na ‘n program van die BBC laat terugkeer het en nou ‘n opstel deur Alan A. Stone in die Boston Review en die tipe van blootstellings word weer opgediep soos dit benodig word.
Alan A. Stone bespreek die film The Battle of Algiers, en dui aan dat die film was so suksesvol dat dit as ‘n dokumentêre program ervaar is deur die wat die film gesien het waarin die “Algerian National Liberation Front’s (FLN)” se stryd teen die Franse koloniale onderdrukkers uitgebeeld word.
Alan A. Stone skryf:
Pontecorvo succeeded on another political level as well: he convinced middle-class audiences that terrorism—deliberately bombing innocent people in order to pressure political opponents—might be necessary. Pauline Keal weer dui aan Pontecorvo is “the most dangerous kind of Marxist, a “Marxist poet” who uses the power of film to persuade his audience that “terrorism is a tragic necessity.”
Geweld as ‘n noodsaaklikheid vir bevryding.
Die voorspooksels oor ‘n burgeroorlog in Suid-Afrika wat as ‘n gegewe aanvaar word aan die einde van die 1980’s is hier deur baie afgemaak as bangmaak-praatjies maar is stil oor hoe die geweld die hoof sou gebied word soos dit begin uitdrukking kry het in volle swang teen die 1980’s.
Stone bespreek die uitbeelding daarvan soos vergestalt in The battle of Algiers soos volg:
Ignoring all legal restraints and using torture to gain the information necessary to destroy the FLN, French paratroopers won the Battle of Algiers, but as we are shown, they lost the war to maintain the French colonial empire. Without warning, two years after the French victory, the entire Arab population swarms out of the Casbah to march on Algiers. The French respond with every brutal technique of riot control at their disposal—gas, machine-gun fire, and tanks—to drive the Arabs back toward the Casbah. Then, as night and fog fall over the city, a French police authority addresses the invisible mob through a megaphone. “What do you want?” he asks in bewilderment. In response, Arabs emerge from the fog demanding and celebrating their freedom.
Dit is hierdie agtergrond wat agterweë bly wanneer gogga vir baba bang maak en vertel van 1.2 miljoen Europeërs wat uit Algerië verjaag is indien die geskiedenis reg verstaan word.
Daar moet met omsigtigheid omgegaan word oor wat die gevolgtrekkings is wat beide die filmmaker, Pontecorvo en dan Alan. A Stone kom in sy bespreking oor die film en die stryd in Algerië en word slegs die volgende argument van Stone geplaas om ruimte te bied vir dit om ook ondersoek te word.
What is prophetic in The Battle of Algiers is Pontecorvo’s backdrop of Islamic fundamentalism; what proved false was Pontecorvo’s foreground depiction of “the world moving in a certain way.”
Op hierdie punt word daar aangesluit met die bespreking soos dit op Kommentaar van Sondag, 10 Maart 2013, bespreek was, waar die geweld in Suid-Afrika onder loep geneem word en ‘n vergelykende studie gemaak word met die geweld wat die staat teen sy burger pleeg. Voorbeelde soos Chili, ‘n Ariel Dorfman, Death and the Maiden of dan Argentinië.
Die programme is vir lank beskikbaar en is die moeite werd om na daardie gedeelte van die program te luister en is ‘n aspek wat langer staande sal bly as net die nuus van die week.
Stone eindig sy bespreking met twee tonele uit die film:
There comes a moment in the escalating terrorism when the French Police supervisor decides on an unofficial act of counter terrorism. He sets off some dynamite in the Casbah destroying homes and killing innocent men, women, and children.
Beweeg dan na die volgende toneel:
FLN terrorists hijack an ambulance and drive down a street machine-gunning the French people on the sidewalks. When they run out of ammunition they crash the ambulance into a crowd.
Indien die leser ‘n “ondersoekende intelligensie” het, word die noodsaaklikheid om vir jou self te dink bevestig as noodsaaklik en die verstaan van “terroris” versus “vryheidsvegter” een van kardinale belang.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
O jirre wat 'n mal wêreld. My seuns sê nou die dag vir my hulle het besluit om moontlik nooit kinders te he nie en hoe sal ek (potensiele ouma) daaroor voel... (die regte antwoord het ek wel gegee: dat hulle vrouens dalk die laaste se hier sal hê en dit moontlik nie hulle besluit op dees aarde is nie), maar eintlik sal ek daarmee tevrede wees. Ons het nie genoeg arms om 'n volgende geslag toe te vou nie. Daar is 'n verskriklike aanslag op hulle klein verstandjies veral. Mens kan net nie meer kompeteer met die fisiese gevare en op sielkundige vlak met goed soos lewensorientering en "af" onderwysers nie (en NEE! ek bedoel geensins nou hier gay onderwysers nie - ek praat van 'n ander kwaad). My boksie waardes gaan al moeiliker oordraagbaar word.