nie t’v’rsmaai

  • 0

oppe heller dag, nette spookas’mbol bo die Taf’l,
dik laag mis bo M en N, lang vuil strepe suur gas,
pend’laars, vasb’rade, stott’rend, werk toe skuif’l,
stad vroegogg’nd al in rat, werkers meet-’n-pas

wind oor Duiw’lspiek, via leë strate van Ses, deur Tuin,
Dorpstraat-moskee, Groote Kerk se propvol grafkelder,
maan b’low’nd, bó vragskipvloot, duskant Eiland, skyn,
Waterfrontligte, nes Stadion s’n, Grangerbaai ophelder

oppe stellasie, installasie, van beton, glas-’n-staal,
probeer ’n ingenieur wet’nskaplik haar hartklop peil,
al’t talle, male sonn’r tal, voorheen al, telkens g’faal,
nog nooit g’hoor, hoe klink’t, asse stad hartseer huil

sou straatslap’r, wynkop-hardkopp’g, all’rmins kon raai,
lat Camissa-stroom stil onn’rgronds vloei, af innie baai

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top