moed’rtaalkwaal

  • 0

sed’rt mid-70’s pryk ’n monument, v’r Afrikaans,
kanti, twintig jaar, post-vryheid, inne ong’lykheid,
etimologies rassisties, term uit pre-apartheidstyd,
wie wil nu in “Boer-taal” ’n eksklusief kwela dans?

mieliepittaal, sorgsaam m’t moed’rsmelk g’voer,
waar’m stuur vryheidsvegt’r Afrikaans in’r moer,
kontra-konstitusioneel, ampt’lik taal t’degradeer,
magshebb’rs “Boere” v’r pejoratiwiteit blameer

gattit tyd vat, vir Sapiens, struktuurg’weld t’v’rstaan,
hoe Mens Naaste afknou, pynig, ja, woord-v’r-woord,
afsydigheid, sup’rdikvel-apatie, ’n ontvlugtingstaktiek

v’r legitimiteit sal segregasionisme nu moet gaan,
degradeer v’n taal glattie m’t mensereg akkoord,
kort b’grip v’n Afrika-taal-status, v’n taalpolitiek

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top