lingua ’frikana

  • 0

skalkies loer sy, Moertaal, vi’ Mens,
kommmunikasie-vibrasie, Sapiens,
Afrika-taal-status noggie ing’sweer,
al gaat sy sed’rt dáí tyd kwai t’keer

staan da’, vi’ ha’, Monument, bó Pêrel,
Broederbondbroer ’n sup’rdom kêrel,
slaaf, Khoisan, van tongvrug b’roof,
lew’nslank selw’rs vir Baas afg’sloof

teo-pedagogies pad boontoe oopg’trap,
so mooi, vir sprek’rs, leser, luist’raar,
vir onn’rdrukte, só, onn’r oorwinnaar,
’s superioriteitsg’drag onv’rklaarbaar

vlam nuwe taalstryd nu op, digitaal,
mono-lingo-b’heptheid nie afg’skaal

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top