liefd’ vi’ naast’

  • 0

Vad’r bied Mens, van toeka af, Paradys,
ook dié, wie m’t eie G’wete hann’l dryf,
Mens propvol vrae oppie Lewe Een-reis,
t’rwyl nag’slag grense al verd’r v’rskuif

post-911-Mens nu g’fokus, op Self-d’struksie,
oorlog artifisieel-kommersieel, listig, b’vrug,
stankweerklank van dood innie suurvrot lug,
vreemdvlieënd robotkanon, nie leuen, ’f fiksie

sou vrede, post-G’wete-herwinl’k, herresoneer,
soos v’n ouds, Aardling nogmaals uitbund’g skater,
universeel, wêreldburgerskap, vannie voorst’ water,
medemenslikheid, ubuNtu, kreatief, waard’g vibreer

aysh, Skeps’l, maaks’l, Millennium Drie Homo Sapiens,
waar’s Mens, liefd’ vi’ naast’, vi’ umNtu, medemens?

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top