Klein dorpies

  • 1

Word klein dorpies in Suid-Afrika doodgewurg? Cullinan is een van my gunsteling- klein dorpies ofskoon dit sedert die laaste verkiesing by die groter Tshwane Metroraad ingevoeg is. Die afgelope twee jaar is dit besig om weg te kwyn, en die sakesektor en Gauteng-regering moet lof kry vir die manier waarop daar vir die dorp se voortbestaan geveg word.

Cullinan is seker een van daardie plekkies waar jy nie eens ‘n wind kan los voordat dit nuus is. En dit is juis die sakekern wat deur gierigheid gewurg word. Die enigste groot winkelsentrum in die dorp loop leeg. Daar is seker ‘n handvol winkeltjies. Tot ENB is uit die sentrum. Die rede? Volgens wat ek kon vasstel behoort die gebou aan ‘n sakeman wat dit deur ‘n eiendomsgroep laat verhuur. En die huur klim en klim.

Nou so ‘n sakeman nodig ‘n goeie opstopper. Werkloosheid is in Cullinan ‘n sosio-ekonomiese problem net soos in die res van die land. Tog vat wit en swart, staat en sakesektor hande om die dorp se toekoms te beveilig.

Cullinan is deel van die Dinokeng-gebied wat ‘n wildreservaat insluit. Die ander belangrike punte is Roodeplaat en Rust-de-Winter.

Aan owerheidskant is heelwat bestee om die reservaat te help opknap, R68 miljoen om die ou Pretoriaweg- en Zambesiweg-aanlope tot die dorp te verbeter. Geld word ook aan opknappings binne die dorp bestee en behoort binne maande sigbaar te wees.

Die passie wat Gauteng se toerismedepartment openbaar beteken een ding – ‘n die dorpie se toekoms is verseker.

Tog is dit ‘n lastigheid om te sien hoeveel mense werkloos is. En dit is nie ’n kwessie van mense wat nie wil werk nie – daar is talentvolle mense. Dit laat ‘n mens wonder hoeveel klein dorpies het dood gewurg weens gierigheid, politiek en binnegevegte.

Die voorbeeld wat Gauteng stel is prysenswaardig en moet verkondig word. En Cullinan het steun van buite nodig. Hoe meer voete dit besoek, hoe groter die kans om informele werkgeleenthede te skep.

Yuri

  • 1

Kommentaar

  • nikki de pina

    Well done "klein dorpies", the dorpies are where the love of family and community remain.  They are places where you can share a family meal and always be welcomed, places where the culture and heritage are loved and fought for.  Places where people will look out for each other. Places where city people come to just to get grounded and be reminded that life is really about love and peace and serving a purpose of caring and appreciating life.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top