Jerusalem-sindroom is erkende psigiatriese afwyking in Israel. Wat is dié Jerusalem-sindroom?
Dis die 'gelowiges' wat in die Turkse Ottoman-weergawe van antieke Jerusalem gaan ronddwaal en dan dink hul kan 'wonderwerke' doen en hul eien hulself die reg toe om ook te oordeel en te veroordeel!
Feit is hul is nie net sg geloofsverslaafdes nie, hul glo nog hulself ook in al hul waansin, totdat hul op 'n dag besef hul kan nie water in wyn verander of daarop loop nie? Dan kry hul 'n psigiatriese ineentuimeling wat hul op 'God se wil' blameer? Nooit sal hul erken dat bv al hul gebede nie SA se paaie veiliger maak in hul 'feestye' nie! Of dat meeste doodslag nie op pad na of van kerke was nie, maar wel van kruike vol wyn! Nooit sal hul erken dat hul eintlik 'n vaal bestaan sal hê sonder al ons ongelowige parafernalia bv santa klaas, paashaas, klaasvakie, feetjies, kabouters ens, wat nêrens in hul bybel geskryf is nie en wat as afgode gesien kan word! Of selfs hul stal-en-krip-geboorte-opvoerings eintlik maar net nog 'n weerspreking uitdrukking van hul '10 vervulde gebooie' is?
Meeste 'gelowiges' is raap-en-skraap gelowiges hier op webwerf wat nuwe bydraers vir kollektes soek en niks fundamenteel konkreet nuut het nie. Hul gedagtegang is tewens 2000 jaar in regressie!
Hans

