Jan Rap: Die vraagstuk oor geweld?

  • 3

Hello Jan,

Baie dankie vir jou omvattende reaksie. Soos jy sekerlik kan verwag is daar 'n magdom verskille tussen die verskillende ontledings wat beide ek en jy bied. Daar is baie aspekte waaraan ek wil aandag gee en gaan dalk nie by almal uitkom nie maar wil begin om te fokus op die kwessie van geweld.

Eerstens Max Du Preez soos ander is heeltemal korrek in die stelling van 'die een se vryheidsvegter is die ander een se terroris' en kan dit argumenteer word dat die tipe van vertelling waar daar 'n onderskeid tussen die twee ontledings van groeperinge se aktiwiteite gemaak is wyd verspreid. So moeilik soos dit ook al mag wees om dit in jou eie land te beleef, is dit wel 'n globale verskynsel en in konteks van die land en ander lande se bevrydingstryd.

Die kwessie van geweld word dus na vore gebring en is dit nou belangrik om die tipes van geweld te ondersoek. Daar blyk drie tipes van geweld te wees. Die onderdrukte burgery teen die staat, geweld deur die staat teen die burgery, geweld deur die burgery teen mekaar en sal sekerlik misdaad geweld insluit. Ook kan daar dan van 'n vierde tipe geweld gepraat word, die geweld tussen state, of dan anders genoem oorlog.

Indien bogenoemde as korrek aanvaar word, dan kan dit aangevoer dat geweld deur die staat het nou tot 'n einde gekom. Daar is nie 'n voortdurende veldtog van geweld wat teen die burgery gepleeg word. Dink aan Zimbabwe, en ander vorige Kommunistiese state, asook Chile en ander state wat as voorbeelde hiervoor kan instaan.

Ongemaklik soos dit ook al mag wees, is dit nodig dat daardie aspek in hierdie land se geskiedenis ook erken word.

Wat ook dan gebeur is die geweld onder burgery teen mekaar. Hier is die geskiedenis ook redelik duidelik dat die ondersteuners van ANC & IFP mekaar met geweld uitgemoor het en kan jy byvoorbeeld jou eie onlangse voorbeeld van Kenia se verkiesings van 2008 as nog 'n voorbeeld gebruik.

Dit kom voor asof die huidige verkiesing redelik vreedsaam voltooi is.

Geweld teen die regering van die dag om die omverwerping daarvan te bewerkstellig is ook bekend en kan die geskiedenis van die mensdom rustig deur jou ook ondersoek word en sal dit algemene tendens bevestig asook die aard daarvan.

Dit laat ons dus met twee tipes geweld wat oorbly as 'n subgeval van die geweld hierbo beskryf.

Sporadiese, maar gedurige opstand teen swak dienslewering en die geweld van misdaad.

Dit is waar hierdie land hom tans bevind.

Daar kan dus aangevoer word dat daar is 'n kultuur van geweld oor die afgelope vier dekades ontwikkel en ingeburger wat ontsnapping daarvan nou onmoontlik maak.

Net soos jy luister ek nou gereeld na Kommentaar en is ek onthuts oor die probleem van geweld wat by die polisie kop uitsteek, teen buitelanders asook die homofobie.

Hierdie, indien ek nie te ligtelik oorkom is die erfenis van hierdie land se geskiedenis en het ek geen benul oor hoe dit aangespreek gaan word nie.

Die aspekte van jou brief wat nie aangespreek is, is die inleidende geskiedenis wat jy my gebied, natuurlik sal dit bekend wees aan my en die ANC se ontstaan in 1912.

Die Tuislande en die bevolking van 11 000 000 is die statistieke wat as korrek aanvaar word deur geskiedkundiges en is daar stelling wat 'n gedwonge verskuiwing van sowat 4 000 000 uit bogenoemde syfer bevestig.

Dit is dus nie 'natuurlike nasiestate' nie.

Wat nie aangespreek is nie, is die ekonomiese wonderwerk van die 60's.

Die opbouende konflik van die 1970's maar elders in my brief is daar wel melding gemaak deur my dat dit voor 1970's begin maar spoed in die tydperk opgetel het.

Maar dan, demokrasie morsig? of netjies?

Ek weet nie, maar demokrasie is nie pynloos nie, dit is nie 'all things sweet & light' nie.

Hoe daarmee gemaak en wanneer word dit 'n risiko?

Baie dankie

Wouter

  • 3

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Wouter,  

    Jou formulering van die "tipes van geweld" hierbo, is gewoon 'n skandalige en ydele poging om die werklike gevolge van onderdrukking deur enige regering van die dag op 'n landsburger daarvan, te ontduik.  

    Die Nasionale Party van ouds het burgers links EN REGS onderdruk. Dis tog algemeen bekend dat in die dae van die Broederbond, jou kerkverband en politieke affiliasies veel belangriker as jou velkleur geag is. Om gewoon wit te gewees het, was gewis geen waarborg om in die rykdom van hierdie land te deel nie (behalwe as jy dalk die Kwien gedien het).  

    Vandag is daardie skoen aan die ander voet.  

    Die regering van die dag het gewis hul etniese en ander gekwalifiseerde gunstelinge.  

    Ek gee toe dat indien hierdie kommentaar wel geplaas word, ons meer vryheid van spraak as voorheen geniet.  

    Maar behalwe dit; hoe beskou jy "BEE" en ons regering se regstellende aksies in die werksplek anders as omgekeerde rassisme?  

    Daarby; watter regering aan die Suidpunt van Afrika se geskiedenis kan ooit vergelyk met die mate van korrupsie en onbekwaamheid van ons regering vandag? Is die mate van vermorsing van belasting en die onvermoë om burgers van 'n land te beskerm teen misdaad, nie ook 'n vorm van erge geweld teen die algemene burgery nie?  

    Wouter, ek sien uit na al jou inligting wat jy in antwoord hierop, en om jou populêre standpunt te probeer verdedig, vir ons gaan plak.  

    Cornelius

  • Hello Cornelius, 

     
    In teensstelling met jou bewering dat die klassifisering van geweld deur my slegs 'n
    "skandalige en ydele poging om die werklike gevolge van onderdrukking deur enige regering van die dag op 'n landsburger daarvan, te ontduik".
     
    Glad nie, die klassifisering het juis as doelwit die vermyding van 'n maklike verval in denke wat glo alle geweld is dieselfde. Alhoewel dit nou weer herhaal word, is dit duidelik dat daar 'n duidelike verskil in geweld deur die staat teen sy burgers is - in teenstelling met misdaadgeweld. 
     
    Hierdie kwalifisering was juis om die oortreders verantwoordelik te hou vir hul geweld, hetsy die ANC as 'n weerstandbeweging en die bevolking teen die regering van die dag, en die regering van die dag, die NP vir die geweld gepleeg teen die bevolking. 
     
    Die verwagting is dat dit deur jou afgemaak sal word, en sal dan nie deur my verder ondersoek word, maar boegenoemde, sowel as die dood van Dirk Coetzee en die bespreking daarvan op Kommentaar, 10 Maart 2013 en die artikel in Rapport verwys. 
     
     
    Van 10 Maart 2013 wat na 'n onderhoud deur Jacques Pauw met kol. Eugene de Kock, gewese bevelvoerder van die polisie se moordbende op Vlakplaas, en sy voorganger, kapt. Dirk Coetzee en Joe Mamasela, ’n gewese studenteleier van die ANC wat ’n askari op Vlakplaas geword het. Askari’s was gewese ANC-soldate wat ná hul inhegtenisneming gemartel is totdat hulle ingestem het om met die polisie saam te werk. Sowel Coetzee as De Kock het Mama­sela as buitengewoon wreed bestempel en gesê hy was lief daarvoor om dood te maak. 
     
    Toe Mamasela uiteindelik in ’n hof gevra is hoeveel mense hy doodgemaak het, het hy gesê: 
     
    “As ek die name van al my slagoffers moet neerskryf, sal dit soos ’n Bybel lyk.”
     
    Hierdie bevestig die beginsel en word in geskiedenis wat geen ideologiese inslag het bespreek en aanvaar as die werklikheid van die dag. Daar is simpatie van my kant dat die Afrikaner burger dit onder die mat wil wegsteek en aanvoer hulle was nie so nie. 
     
    Dit is dalk nog nie tyd vir daardie selfondersoek om sonder teenstribbeling te geskied nie en kan dalk vergelyk word met die Duitse volk se ontkenning van Hitler as verteenwoordigend van die volk. Oor tyd sal dit dalk moontlik word. 
     
    Wat vir die opskrywers van die geskiedenis onduidelik is, is die getalle, seker oor tyd sal die argiewe oopgemaak word en sal die inligting ook openbaar word met die verloop van tyd. 
     
    Korrupsie en misdaad deur misdadigers as 'n vorm van geweld teen die burgers deur die ANC, is slegs opruiende retoriek.
     
    Die mislukking om korrupsie en misdaad onder beheer te bring is 'n aanklag teen die ANC en is aanklag waaraan hulle swaar dra en is dit nie duidelik watter daadwerklike stappe geneem moet word om dit die hoof te bied.
     
    Dan wag jy vir die spoeg en plak? 
     
    Hoekom dan nie hierdie een van verlede jaar in 'n Amerikaanse publikasie, gepubliseer November 2012: 
     
     
    Uittreksels daaruit: 
     
    In South Africa, disillusionment with the party that ended apartheid
    By Sudarsan Raghavan, 
     
    Published: November 3
     
    Khutsong, South Africa — The party that ended apartheid has begun to lose its appeal among black South Africans, many of whom have grown frustrated waiting for the “better life for all” promised when the African National Congress won historic multi­racial elections 18 years ago.
     
    The disenchantment with the ANC, to be sure, has been gradually building over the years.
     
    “Now, the honeymoon is pretty much over,” said Robert Schrire, a political analyst at the University of Cape Town. “What we are seeing is that the average black South African is no longer blindly loyal to the ANC. That person feels angry and betrayed.”
     
    But for many black South Africans, the initial excitement has fizzled into disappointment as they struggle with high unemployment and a lack of housing, education, clean water and other services.
     
    ANC officials say the party has improved the lives of millions and describe any divisions as a normal occurrence in such a large and diverse institution.
     
    “There is no leadership vacuum or paralysis within the ANC,” said Keith Khoza, a senior party spokesman.
     
    “The ANC has no crisis of leadership.”Despite its problems, no one is suggesting that the ANC will lose its dominance over South Africa’s political landscape anytime soon. But the anger and disillusionment, if they continue to grow, could trigger more protests and violence, potentially destabilizing the continent’s largest economy.
     
    Already, the number of violent protests this year, mostly over land, inadequate housing and poor services, has grown dramatically from previous years.
     
    In Khutsong, a black township surrounded by gold mines 56 miles west of Johannesburg, many residents live in shack settlements, where electricity must be illegally procured and water hauled from outdoor taps shared by many families.
     
    Public toilets placed on unpaved streets are so filthy that some residents prefer buckets or holes. Many have been waiting more than a decade for government housing.
     
    Bafana Mashata grew up worshiping the leaders of the ANC. In school, he learned how Mandela, Oliver Tambo and other anti-apartheid stalwarts ended white rule.
     
    But Mashata deplores the ANC leaders who now run his nation.
     
    “Mandela and our other heroes fought for our freedom,” said Mashata, 17, standing outside his uncle’s tin shack that had no electricity or running water. 
     
    “But our black leaders now sitting on top of the chair don’t care about us. They care only about themselves.”
     
    ANC officials said their policies have significantly eradicated poverty, but that 18 years later, they are still facing obstacles created by the nation’s apartheid and colonial past. 
     
    “In terms of giving access to basic services, we have done well,” Khoza said. 
     
    “At the same we acknowledge the task of reversing an apartheid and colonialist legacy that spanned over 300 years is not going to happen overnight.”
     
    There has been progress. The black middle class, fueled by affirmative-action policies and other efforts to empower blacks, has grown in this nation of more than 50 million.In a report released in September, the South African Institute of Race Relations found that those with access to electricity reached 11.9 million in 2010, up from 5.2 million in 1996. Over the same period, the number of families with proper housing nearly doubled to 11 million and those with access to piped water increased to 12.7 million from 7.2 million, according to the report.
     
    Still, government figures show that about a quarter of South Africans lack proper housing, nearly a quarter are without electricity and nearly a fifth are without proper sanitation facilities. The government, its critics say, has a pitiful record in providing education, leading to shortages of skills; today, a quarter of the population is unemployed, up from 20 percent in 1994.
     
    Meanwhile, the gap between the rich and the poor has widened since 1994, creating one of the world’s most unequal societies, according to World Bank data. 
     
    Today, whites still largely control South Africa’s economy, and they earn six times more than blacks. 
     
    At the polls, the frustration has started to chip away at the ANC’s dominance. In local elections last year, the party’s share of the vote slid to 62 percent from 65.9 percent in the 2009 national election, according to the country’s Independent Electoral Commission. 
     
    The Democratic Alliance, the main opposition party, won 23.9 percent of the vote, up from 16.6 percent in 2009, as it attracted support from many mixed-race South Africans, as well as whites and blacks who left the ANC.
     
    In the first seven months of the year, residents of black townships staged dozens of demonstrations, protesting poor sanitation, a lack of housing and other services, according to Municipal IQ, an independent research group that focuses on local government. 
     
    The protests were more than any year since 2004, when the group started monitoring the protests.Some anti-apartheid stalwarts say the ANC has yet to make the transition from leading freedom fighters to leading a democratic nation.
     
    “We believe that because we had a liberation movement that we loved and respected so much, we thought that alone would fix the problems,” said Mamphela Ramphele, a prominent anti-apartheid activist and partner of Steve Biko, the black consciousness leader who was brutally killed in police custody in 1977. 
     
    “The biggest failure of the ANC is it not understanding that you cannot govern a modern democracy with 1950s ideas.”
     
    Biko, she said, “would be disappointed” at today’s South Africa. “I think we need to find a way of rediscovering the dreams that drove all of us to sacrifice so much,” added Ramphele.
     
    Sikhulu Ndwandwe, 33, a social worker, and his family have been waiting for 16 years for a house, and they don’t expect to get one soon. Their only source of electricity is an illegal hookup.
     
    “How can I vote for a party that is corrupt?” said Ndwandwe, as his friends and father nodded in agreement. 
     
    “We need change.”
     
    At the same time, though, Ndwandwe knows there are few alternatives. 
     
    Since 1994, the ANC has overwhelmingly won every election and now controls two-thirds of the seats in Parliament. 
     
    The Democratic Alliance is still largely perceived as too white, and many blacks remain loyal to the ANC, despite its failings, because it brought them freedom.
     
    “The ANC is good. It liberated us,” Ndwandwe said. “What’s killing us is our leadership. If we change them, things will go smooth.”
     
    But other residents said they are so frustrated that they will vote against the ANC.
     
    Mbongiseni Dlamini, a 29-year-old miner who has participated in the strikes, lives in a green shack with no electricity or running water. Open sewage runs nearby. At night, he uses candles and paraffin lamps to read and cook.
     
    Dlamini, who voted for the ANC in the last elections, said he now plans to vote for the Democratic Alliance.
     
    “The DA is not just for white people,” he said. “We want a party that will bring change, and the ANC has failed us.
     
    ”For now, though, many people say there’s a single way to force action from the government — and the ANC. “In South Africa,” Ndwandwe said, “if you want to be heard, you have to go to the streets.”
     
    Die waarheid is nooit eenvoudig nie en nooit voor die hand liggend nie. 
     
    Baie dankie,
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Dankie, Wouter.  Jy stel nie teleur nie. Miskien moet ek net weer die laaste vraag in my kommentaar hierbo herhaal; Is die mate van vermorsing van belasting en hul sodanige onvermoë om burgers van 'n land te beskerm teen misdaad, nie ook 'n vorm van erge geweld teen die algemene burgery nie?

    En dan Wouter, is die ANC se omgekeerde rassisme in hul beleid van regsteleende aksie, nie ook 'n vorm van geweld teen 'n bepaalde deel van Suid Afrika se bevolking nie? (geweld. 1. Uiting van mag; magsmisbruik. 2. Krag, hewigheid, gewelddadigheid)

    Groete,
    Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top