Is daar nie Nuwe gesigte en stemme in SA vir TV nie?

  • 2

Sg akteurs het skynbaar alleenreg op Afrikaanse radio, TV, verhoog en flieks? Mens kan die ewige paar gesigte en stemme op jou 2 hande tel en is nou al nie net vervelig nie, maar erg onoortuigend!

Jy sien die gesig in Oudtshoorn, Potchefstroom, SABC TV in jou sitkamer en dan nog by bv Ster Kinekor??? Wat verstaan die sg 'kunstenaar' nie? Hollywood sal so elke 5 jaar 'n bekende gebruik en 'n mens word nie Gatvol vir akteur nie!

Hoekom kry Afrikaanse 'kunstenaars' nie 'n werk anders as toneel speel nie, want ons het nie ware akteurs van gehalte in SA nie! 'n Wêreldbekende aktrise was kelnerin in gewilde drinkplek in haar tienerdae in Benoni.

Hans Richardt, Benoni

  • 2

Kommentaar

  • Dink jy net die meisies het opgelet in die dramaklas; die dat ons net aktrises van gehalte het en nie akteurs nie?

    Nee man, jy's verkeerd.  Die aktrises EN die akteurs hier is topgehalte. so ook die regisseurs en regiseusses, meeste van hulle.  Selfs die sepies is goed.  Ek sien so nou en dan Binneland en die toneelspel, myns insiens, is uitstekend.  Veral daardie meisie wat die karakter Elize was is uitstekend (wat het van haar geword?).  Ek dink 'n goeie regisseur/regisseusse MAAK 'n film/toneelstuk.  Ek het al bekende Amerikaanse en Britse akteurs power sien lyk onder die leiding van 'n swak regisseur.

  • Ai Jan Rap, jy let deesdae nie meer op in dramaklas van lewe? 

     Ek kla oor dieselfde gesigte en stemme op al wat 'kunstefees', sepie, fliek ens in Afrikaans, wat voos gebruik is en net nie meer oortuig nie. Ek stry glad nie dat Harrison Ford in al die Indiana Jones-flieks glad nie waffers was nie of dat Sharon Stone se flash beter was as haar toneelspel nie, dit gaan oor voos gebruikte akteurs in afgesaagde storielyne in Afrikaans. Ek dink Charlise het oorsee dramalesse gehad, na plaaslike eie drama? Sy was egter nie eerste afrikaanse aktrise wat bekend was oorsee in internasionale films nie.

    Hans

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top