In Engelse omgewing het ek 'n 'foreign accent'?

  • 0

Staan en gesels ek met 'n ma en haar dogter in die buurt-supermark. Die twee wil my omtrent opeet en ek verstaan nie. My plattelandse boereaksent klink toe heel boheems vreemd vir hulle. Ek moes glimlag, ons Boere-Engelse aksent het skaars geword, dit klink onaangeplak anders as die van die inheemse Anglikaners! Nou ja, dis nie die eerste maal wat vroue met my praatjie aanknoop hieroor nie en ek wonder hoe hul sal voel om in Noordwes-Kaap of Namibië met die manne te doen kry? Nie metro-manne met gymspiere en Anglikaanse aksent nie ... Net doodgewone manne. Ons het skaars geword in SA.

Hans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top