Het pimp-ouers geen skaamte nie?

  • 1

Dis ‘n ou cliché, maar tog een wat water hou: Hoe kan dit wees dat mense lisensies vir allerhande goed moet kry, maar nie vir die belangrikste ding van alles nie, naamlik om voort te plant?

Mens moet deur baie hoepels spring om ‘n kar te mag bestuur. Jy word deesdae verplig om ‘n bestuurskool by te woon. Jy moet twee teoretiese toetse, asook ‘n praktiese toets, aflê. Enige iemand kan egter voortplant, sonder ‘n lisensie, en die minste oorweging van hoe hulle die kind gaan onderhou.

Dis een ding om ‘n kind te verwek, maar dan nie ordentlik te kan onderhou nie. Jy maak dan jou onbesonne optrede iemand anders – ‘n welsynsorganisasie of die belastingbetaler – se probleem. Dis nog erger om ‘n kind te verwek, en dan van jou kind te verwag dat hy of sy jou op jou oudag moet onderhou.

Ek verwys hier veral na ouers met talentvolle of mooi kinders, vir wie die kind dan ‘n meal ticket word. Daardie ouers wat hul dogtertjies vir skoonheidskompetisies inskryf is reeds walglik genoeg – Jon-Benet Ramsay se ouers. Die ma’s in Suid-Afrika wat hul sanger-seuntjies as’t ware pimp, en dan elke druppel bloed uit die kind se talent en faam, selfs met behulp van hofsake, probeer tap. Ouers van kinders wat nou bakhand staan, nádat ‘n tragedie hom afgespeel het en hulle hul kind, maar ook hul meal ticket, verloor het.

Wat ‘n verleentheid om dit te moet aanskou!

Hoekom, mamma en pappa, het julle in die eerste plek voortgeplant, as julle nie in staat was om vir julself te sorg nie? Julle kind is vir julle gereduseer na soos ‘n boer se beeste of skape vir hom is, ‘n geldelike bate.

Het hierdie mense geen skaamte nie?

Joe Pieterse

  • 1

Kommentaar

  • Joe,

    Ek stem nogal heelhartig met jou saam. Ek glo ook dit is selfsugtig om te vergeet van die kind, wat in hierdie situasie eintlik die belangrikste persoon moet wees, nie die self.

     

    Laat my dink aan 'n artikel onlangs gelees. Weet jy hoe bepaal hul hoe groot moet die tronk op 'n spesifieke plek opgerig wees?  Hul maak eers studie van hoeveel seuns vaderloos is in daardie omgewing. Volgens dit word die tronk se grootte bepaal.

    Hartseer.

    Trienie 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top