Een en ander

  • 0

Ek sien Tim du Plessis vertel dat nou die dag toe hy Rian Malan raakloop dié vir hom sê: " ... onthou jy dat jy in die 1980’s vir my gesê het as daar ooit fundamentele verandering in SA moet kom, sal dit via die NP gebeur?”

Nou's jit, Sherlock, soos ons Boere sê.

In die 80's was die skrif al lááánkal teen die muur. Die NP was lankal nie meer die NP nie; was dit lankal duidelik dat die NP besig is om PFP-beleid te implementeer en was daar al besig gewees om amptenare van staats- en semistaatsinstansies voor te berei vir die swart regering wat sou volg.

* * * * * *

Ek sien ook Riana Scheepers is erg onthuts oor Dan Roodt se opmerking dat, volgens haar, by implikasie, wit rassiste maar aangeval kan word. Hoekom so erg tekere gaan? Dan is natuurlik reg en al wat sy moes doen was om verskoning te vra omdat sy haar per ongeluk verkeerd uitgedruk het. Tensy, natuurlik, sy haarself NIE verkeerd uitgedruk het nie ...

* * * * * *

Oor die Afrikaanse radio en televisiekanaal gehoor:

'Gedetermineerd' in plaas van 'vasbeslote' of 'vasberade', 'rekrutering' in plaas van 'werwing', 'inlê' in plaas van 'laatslaap' en dit is maar net onder andere.

'n Verslaggewer het na 'n seiljag verwys in die vroulike.

Hulle praat nog steeds van 'tenders toeken' oor die nuus. Kan dit reg wees? 'n Tender kan aanvaar word maar wat toegeken word is 'n kontrak aan 'n suksesvolle tenderaar.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top