Die geval Wouter

  • 5

Dit is letterlik reeds dekades dat ek werke deur en oor Franz Kafka en Albert Camus lees. Ek besit nie eens meer al die boeke wat ek gehad het nie. Jare lank het ek my voorgeneem om iets oor hulle te skryf. Eers heel onlangs het ek sover gekom om met sorg en moeite oor albei iets tot my bevrediging op SêNet te publiseer; oor Kafka op 18 Februarie en oor Camus op 7 deser. Sekerlik is my mening maar net nog 'n mening, maar dit is ten minste 'n eerlike mening wat op uitgebreide leeswerk en deeglike besinning oor 'n lang tyd berus. Wat ek skryf, is glad nie volmaak nie. Wat ek publiseer, kan en mag en behoort gekritiseer te word. Maar myns insiens is dit regverdigbaar as ek verwag dat sodanige kritiek en die kritikus aan sekere minimum vereistes voldoen.

Op 10 deser reageer Wouter soos volg onderaan my skrywe van 1 deser: "Comestor ... soos 'n wafferse letterkundige Kafka & Camus die twee denkers in 'n blik ... probeer druk. Dit is opmerklik dat Comestor weereens Camus gebruik, na voorbeelde van soveel vorige skrywers, om sy eie argumente aan die kapstok van Camus te hang. Nou nog ontwyk die antwoord, is Kafka kaf? - hoe oorslim die woordspeling ook al mag gewees het. Is Kafka kaf? Wat is die antwoord? Laat tog weet ..."

Let op die woorde "wafferse", "oorslim" en "tog". Wouter het klaarblyklik geen agting vir my as outeur of my skryfsels nie. Ek het glo die twee outeurs in 'n blik probeer druk, dus hulle wan voorgestel. Volgens Wouter is dit iets wat ek telkens ("weereens") doen om my eie agenda te dien. SêNetters het dus hier met 'n bedrieër te make.

Op 11 deser het ek op dieselfde plek vir Wouter soos volg hieroor geantwoord: "Toon aan in watter opsigte my vertolking van Camus foutief of vergesog is" en "Kafka maak dit vir my onmoontlik om meer te beweer as dat daar heelwat van waarde in sy werk is; dus, alles is sekerlik nie kaf nie." Ek het dus "tog" ordentlikheidshalwe aan hom laat weet.

Maar hierdie saak moet myns insiens nie daar gelaat word nie. Vir my wil dit voorkom asof Wouter, soos voorheen, my in elk geval teenspreek. My persepsie is dat dit vir Wouter in die eerste plek nie gaan om wat ek skryf nie, maar dat dit ek is wat dit geskryf het. Daarom voel hy hom geroepe om dit verdag te maak en af te kraak. Hierdie saak het 'n lang geskiedenis wat deur enigeen in die LitNet-argief nageslaan kan word.

Toe Wouter voorheen hierdie taktiek uitgehaal het, naamlik deur dikwels wat ek oor 'n boek te sê het, verdag te maak en af te kraak, het ek gevra dat ons twee onafhanklik van mekaar op dieselfde dag oor dieselfde boek op SêNet berig. Hy het dadelik my uitdaging aanvaar, maar toe hy oor die eerste boek, waaroor ons ooreengekom het, moes berig, was daar niks van sy kant af nie. Dit kan as bevestiging dien, enersyds, dat hy nie die boeke gelees het wat hy voorgegee het hy gelees het nie en, andersyds, dat hy nie onafhanklik 'n mening oor 'n boek kan staanmaak wat gunstig sou vergelyk met wat ek gelewer het en dit grondig teenspreek nie.

Ek gee hiermee weer aan Wouter die geleentheid om 'n toets te probeer slaag. Dit sal hom in staat stel om aan SêNetters te bewys dat hy nie sonder meer my skryfwerk afwys nie; dat hy substansiële redes het om daarteen te velde trek; ook dat ek daarop uit is om SêNetters te bedrieg. Ek dink laasgenoemde is 'n aantreklike wortel om aan Wouter voor te hou.

Ek het onafhanklik van Wouter my mening oor Kafka en Camus geformuleer. Ek het in albei gevalle na net sommige van die werke verwys wat ek al, van voor tot agter, van en oor hulle gelees het. Nêrens het ek kanse gevat of lood geswaai nie. Wouter het nou die voordeel dat hy weet wat ek oor hulle te sê het. Wat ek nou van hom verwag, is dat hy twee soortgelyke artikels skryf, een oor elk, met bronverwysing op 'n soortgelyke manier, waarin hy aantoon waarom my vertolking verwerplik is. Dit is die enigste manier waarop Wouter hom in my oë kan rehabiliteer. Dit is die tweede en laaste kans wat ek aan hom bied. As hy hierdie toets nie kan of wil slaag nie, behou ek die reg voor om hom as 'n loodswaaier te beskou. Dit sou nie help as ek hom bloot sou vra om 'n lys van gelese werke van en oor Kafka en Camus te verskaf nie, omdat hy so 'n lys in 'n japtrap van die internet af kan opstel en daar sal geen bewys wees dat hy hulle gelees het nie. My voorstel is myns insiens billik.

Johannes Comestor

  • 5

Kommentaar

  • Hello, 

     
    Begin by die Kafka, twee tot drie paragrawe se keel skoonmaak, wat maar gelaat kon word in die brief aangebied deur Comestor, 'n verwysing na 'n paar boeke en dan vir die die wat meer wil weet 'n verwysing na die boek van Crumb. 
     
    Niks fout met die Crumb nie. Vir myself sou ek graag die Pietro Citati wou lees, maar blyk nie geredelik beskikbaar te wees nie. 
     
    Dit is die voordeel wat Comestor se versameling het wat oor jare opgebou is en is my verwysing na die ontleding van Kafka beperk tot die Cambridge Companion, die werk van Maurice Blanchot en Dennis Donoghue. 
     
    Kafka, die persoon, die werk, soos dit maar seker met letterkunde is oop vir veelvuldige ontleding, maar kon ek nie tevrede wees met die slotsom, 'Kafka het aan erge angsneurose en depressie gely' en ook 'troosteloosheid en uitsigloosheid'.
     
    Dus inderdaad wat maak 'n mens met Kafka, is hy gelyktydig uniek aan homself en ook soos hy verwys na die groter aspek van die menslike kondisie. 
     
    Daarom, net vir hierdie leser was daar 'n soeke na meer oor Kafka. 
     
    Byvoorbeeld, Maurice Blanchot skryf oor Kafka se vrees dat hy nooit sal sterf nie, die dood sal nooit kom nie. Claudio Magris in sy roman, wat ek aanbeveel aan Comestor, beskryf die laaste dae van geluk wat Kafka ervaar het my gesellin, terwyl Donoghue in 'The curse of Adam', 'n lyn trek vanaf die 'writing on the body' uit 'n verhaal van Kafka na die merk van 'n nommer in die Holocaust. 
     
    Ook moet die stryd teen die burokrasie teen gesigslose mag ook nie ignoreer word, hierdie is 'n man wat in versekerings firma gewerk het. 
     
    Kafka is dus menigvuldig en dan die 'angsneurose en depressie' slotsom - is net te maklik en eenvoudig. 
     
    Hierdie laat tog nog steeds, wat sou as 'kaf' in Kafka staan? 
     
    Die Camus is eenvoudig en anker op die volgende frase uit Comestor se bespreking van Camus. 
     
    'Na aanleiding van die voorafgaande kan pes of plaag in hierdie sin goedskiks op Suid-Afrika se "demokratiese rewolusie" van toepassing gemaak word, al het Camus in sy roman die destydse situasie in Algerië in gedagte gehad. Met die oog op moontlike toepassing op Suid-Afrika haal ek vervolgens tersaaklike gedeeltes uit Camus se The Plague aan, met die minimum kommentaar van my kant af'.
     
    Hierdie sogenaamde 'moontlike toepassing' is nou al 'n ou laai, wie sal ooit die José Ortega y Gasset vergeet? 
     
    Vir die wat werklik 'n letterkundige ontleding oor Camus se werk na waarde heg en nie Comestor se misbruik daarvan om 'n paar goedkoop politieke punte te wen nie, word die volgende program voorgestel om 'n gevoel in die verskil tussen die Comestor 'bespreking' en die van Peter Dunwoodie, Professor of French Literature at Goldsmiths, University of London; David Walker, Professor of French at the University of Sheffield; Christina Howells, Professor of French at Wadham College, University of Oxford.
     
    Na dit, hoe kan daar na Comestor gegaan word.
     
    Camus
    Duration: 45 minutes
    First broadcast: Thursday 03 January 2008
     
    Melvyn Bragg and guests discuss the Algerian-French writer and Existentialist philosopher Albert Camus.Shortly after the new year of 1960, a powerful sports car crashed in the French town of Villeblevin in Burgundy, killing two of its occupants. One was the publisher Michel Gallimard; the other was the writer Albert Camus. In Camus’ pocket was an unused train ticket and in the boot of the car his unfinished autobiography The First Man. Camus was 46.Born in Algeria in 1913, Camus became a working class hero and icon of the French Resistance. His friendship with Sartre has been well documented, as has their falling out; and although Camus has been dubbed both an Absurdist and Existentialist philosopher, he denied he was even a philosopher at all, preferring to think of himself as a writer who expressed the realities of human existence. Awarded the Nobel Prize for Literature in 1957, Camus’ legacy is a rich one, as an author of plays, novels and essays, and as a political thinker who desperately sought a peaceful solution to the War for Independence in his native Algeria.
     
    Hierdie is die verwysings wat in my agtergrond is, indien dit vreemd is vir Comestor, laat dit dan so wees, hierdie is agtergrond en plek waarvan ek kom. 
     
    Comestor moet maar vrede maak met die beginsel, dat dit waarskynlik is, dat ek iets oor 'n onderwerp al gelees of gehoor het en wanneer die verskil net te groot is, iets daaroor sal skryf maar ook nie altyd nie, dit moet ooreenstemming met my eie belangstelling ook toon. 
     
    Daarom, niks van my oor die Astor's, Luciano Floridi, Ingersol, die opstel deur Susan Jacoby is in elk geval meer bevredigend. Terwyl beide ek en Comestor Julian Barnes al aangespreek het.
     
     Die program oor Camus word werklik aanbeveel en kan hier gevind word: 
     
     
    Maar hierdie aandring tot eksamen skryf is ook nou al bekend en het ek voeldoen daaraan vorheen met die bespreking van Zimbabwe. 
     
    Ongelukkig vir Comerstor is die ooreenstemming in belangstelling nie bekend en word dit eers ontdek na 'n brief geplaas is. 
     
    Baie dankie

    Wouter
     
  • Johannes Comestor

    Daar is geen aanduiding van wye belesenheid oor Kafka by Wouter nie, maar hy is ontevrede met wat ek geskryf het, soos met baie van my skryfsels. Dit is moeilik om Kafka se vertolk, soos ek duidelik aangedui het. Ek dink nie daar is sin in om 'n diskoers oor so 'n glibberige onderwerp met 'n gespreksgenoot soos Wouter te voer nie. Verwys byvoorbeeld na ons poging tot 'n gesprek onderaan my bydrae van 1 deser.

     

    Wouter het om politieke redes nie van my vertolking van Ortega en Camus gehou nie. Oor albei het ek uitgebreide leeswerk gedoen. My beleid is om net te skryf oor onderwerpe waaroor ek my met 'n mate van vertroue kan uitlaat, Oor Camus het Wouter blykbaar nog minder as oor Kafka gelees en hy plooi sy antwoord na die letterkunde, waaraan ek glad nie in my skrywe aandag gegee het nie.

     

    Wouter kan gerus vir ons hieronder reproduseer wat hy oor Julian Barnes geskryf het.

     

    Totdat hy sy beweerde bydrae oor Peter Godwin se boek opdiep, is dit duidelik dat Wouter albei die toetse wat ek vir hom aangele het, gedruip het. Desnieteenstaande eien hy hom die reg toe om voort te gaan om my telkens as 'n bedrieër aan SêNetters voor te hou. Hopelik se dit meer oor Wouter as oor my. Dit sou beter wees as hy uit hierdie ondervinding probeer leer.

     

    Johannes Comestor

  • Hello, 

     
    Dit is hoe dit is. 
     
    Die Cambridge, Blanchot, Magris & Donoghue is nie genoegsame ontledende bronne oor die moontlike betekenis van Kafka. Hoeveel sou dan genoeg gewees is dan seker 'n redelike vraag? 
     
    Word die toets geslaag as ses boeke gelees is? 
     
    Die Camus is nog makliker, die program onder bespreking dek nie net die letterkundige nie, maar ook die politieke aktiwiteite van Camus en word aanbeveel as 'n luister wat die moeite werd is, aangesien dit die kwaliteit in teenstelling met Comestor se poging tot goedkoop punte duidelik uitwys en die kritiek duidelik maak. 
     
    Dit is die aspek wat aangespreek moet word. 
     
    Maar wat die punt van arrogansie nog erger maak, is om hier uit die hoogtes uit op eksamens aan te dring en huiswerk wat moet ingedien word en is nie verdere reaksie waardig nie. 
     
    Die realiteit bly, 'n brief word gepubliseer en die reaksie daarop kan nie voorspel word nie. 
     
    Indien dit vir Comestor onaanvaarbaar is dan moet hy eerder in die privaatheid van sy huis, sy briewe lees en nie publiseer nie. 
     
    Hierdie is nou al 'n ou taktiek en is nou weer tot die letter herhaal soos elke vorige keer. 
     
    Die Barnes & Godwin reflekteer nie onder my bydraes nie en persoonlike rekords hou ek nie vir altyd nie. 
     
    Die databasis wys dit nie en is nou maar jammer. alhoewel dit Comestor 'n stok bied. 
     
    Gelukkig vir Comestor. 
  • Johannes Comestor

    Dit gaan nie om 'n vereiste minimum getal boeke wat oor 'n onderwerp gelees moet word nie. Dit gaan wel oor die aard van die leeswerk. 'n Mens moet nie net oor Kafka, Camus of wie ook al lees nie, dus ander mense se opinies nie, maar ook Kafka, Camus, ens. se eie werke; nie net brokkies inligting op die internet nie, maar substansiele boeke.

     

    Ek reageer ten slotte verder op die hoofwerf.

     

    Johannes Comestor

  • Die vereiste vir bewys, die verdagmaking is nou 'n ou laai en mag nie staan nie. Maar dit is seker te wagte wanneer wanaanhalings deur my uitgewys word uit Comestor se hand, dat dit noodsaaklik is om aan die leser te probeer toon dat Wouter onbetroubaar is. 

     
    Met dit as agtergrond, volstaan ek ook, en weet dat van Comestor kan ek niks beter verwag nie. 
     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top