Cornelius Henn, die Eddas en die gebruike van ons voorvaders??

  • 4

Dis die Noorse kultuur waarna jy verwys en Yslanders het dalk die Finse deel daarvan gekry! Tog was die gebruike universeel in noorde van Europa, onthou deel van moderne Nederland was tot in begin 1800's Noorse prinsdom!

Asatru is die inheemse godsdiens in Noorse lande en is as amptelike regeringingestelde geloof erken daar! Jy kan dalk Exploring the Northern Traditions deur Galina Krasskova lees! In ou Noorse tradisie beteken my naam en van Koning Hans, Hans Richardt. Nou ja, ek is net gewone ou en was al vir 6 weke deur lastige Noorweër verpes! Jy sal die tradisie baie moeilik vind, komend uit calvinistiese christelike verwysingsmodel!

Dis dié heidene van bybelse tyd! Snorri Sturluson het die Eddas in 1100nc opgeteken in Ysland en dit so behoue laat bly, voor die christene se kerstening met swaard en brandstapels! Met christendom is die Europese stamlewe en owerhede uitgeroei en Roomse apostate konings aangestel! Die belangrikste 9 beginsels waarvolgens geleef was, is:

1. Moed
2. Dissipline
3. Getrouheid
4. Eer
5. Gasvryheid
6. Hardwerkendheid
7. Uithou vermoë
8. Self aangewese
9. Waarheid

Klink dit dalk bekend uit ons era? Nou ja, alles was nie Calvinisties nie, dalk verwar Lulu ons met Spadareners wie strenger Calvinisties is, as ons gewone ouens??

Jy gaan sukkel met dié geloof, vra maar as jy sukkel, ek sal jou bearbei as praktiserende heiden!!

Hans

  • 4

Kommentaar

  • Cornelius Henn, kyk Beowulf om idee te vorm van gebruike!

    Die strokiesprentfliek sal jou goeie idee gee van die praktiese Symbel, wat uit die 4 dele bestaan. Jy as christen sal gewetenswroeginge beleef, want lafaards soos die wie selfmoord pleeg of weghardloop van 'n geveg, is nie onthou soos in christen begrafnistradisie as 'wonderlik' nie en ook nie by familie Symbels nie. Kyk die fliek, jy sal goeie idee oor Asatru kry daaruit en ook uit Lord of the Rings!

    Hans

  • Cornelius Henn, daar is definitiewe geslagsrolle in Asatru. 

     In Asatru, man se rol is manlik en testosteroon gebaseer! Vrou se rol is wat dispuut word tans deur feministe! So, daar is nie unisex in gode of geslagsrolle nie en dit maak 'n gemeenskap/'tribe' 'n eenvoudige plek om in te leef! Al die gode was gewelddadig en duidelik gedefinieer! Nou ja, dis heidense gedrag wat nie in wedergebore gemeenskap van gelykheid tuishoort nie!!! Dis 'n geloof gebaseer op ongelykheid tussen geslagte op grond van fisiese krag.

    Hans

  • CorneliusHenn

    Beste Hans,  

    Baie dankie vir hierdie leersame bydrae. Ek het nie eers 'n fraksie daarvan geken nie. Jy het baie leidrade om op te volg hier gelaat.  

    My naam en van stam van my voorouers uit Lapland. Henn beteken letterlik "eend" in daardie wêreld. Om soos 'n eend te swem en dryf was 'n groot kompliment vir die Wikings.  

    Lapland, Noorweë, Finland, Swede, Denemarke en Ysland was alle Wiking wêreld. Die Faroëreilande se Wikings is egter die mees besonderse na my mening. Dis interessant om te weet dat byna 90% van die mans op die Faroëreilande se DNA  uit Skandinawië stam.   Daarenteen stam byna 90% van die vrouens op die Faroëreilande se DNA uit Skotland en Ierland. Kan dit met die Wikings se verwoestende togte oor see en land te make het?  

    Hans, ek voer terug sodra ek jou kennis ingeneem het.  

    Wiking groete,  

    Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    ... en o ja Hans, ek is lank reeds as eenvoudige kind van die HERE deur verskeie vand die werf se geharde ware gelowiges onder die infernale hoëpriesterskap van Kobus de Klerk, soos byvoorbeekd "Dolf", van die titel "Christen" onthef ... ken my gerus as 'n sondaar/heidin/agnostikus/ateïs ... of wat dit ookal hierdie godsdiensboewe behaag ... solank ek 'n kind van ons Almagtige Lewende Skepper is, sal geen van hul vervloekinge of aanslag teen my raak nie ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top