Christene en hul geloof?

  • 0

Hier is 'n man so 6 jaar ouer as ek, wat besluit hy tree in die Karoo af! Sê ek verlede jaar in Augustus hy moet sy karavaantent met toue of moontlik, kabels, vasmaak! Besweer die ou net daar my satansnukke, omdat ek my verlustig in sy oomblik van swaarkry! Jesus sal hom red! Vertel sy vrou my, dat die ou 'n hele dag aan tent gehang het, in 60km/h wind en ysreën, tot 'n pragmatiese man hom kom afhaal het van wapperende tent flappe en toe nylon toue oor sy voos karavaantent gespan het! Nou ja, Jesus het hom toe nie gered van longontsteking en 'n liesbreuk nie!

Soms voel ek erg gefrustreerd met die byna LSD-hallusinasies van christene, wat monster in selfs goeie raad uit praktiese ondervinding sien!

Hans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top