aprioristies teleologies

  • 1

Liewe Vad’r, kanala, versjeef my Menslikheid,
sonn’r U g’n sprak-’f-sprook, v’n waard’gheid,
spook kasspoke kasteïsties, nes yt apartheid,
Millennium Drie Homo Sapiens, opdraanstryd

vreemd, lat Mens Mens se eie so ong’nadig’s,
sien hoe hulpbronne gou v’rgaan, isse krisis,
moeilik t’v’staan, Mens nie tekens kan lees,
skynbaar afwesig, enig’ indikasie v’n vrees

kanti, hele Zabalaza, vryheidstryd, uhuru,
water van U Lewe, stroopsoet, eManduru

ultrasup’rsonies-sensories, opp’r-Heilig,
sien Mens Lewe Twee se Lig hell’r skyn

geneesheer werkloos op U Terrein, pyn afwesig,
U, Skepper, plus allie paparazzi, eish, in U Tuin

Jacobus Faasen

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top