anie eine vannie dag

  • 0

Afrikaans weer kontinentaal, Afrique-taal,
nes Ingils, Francaise, Deutsch, Portugues,
moed’rtaal van miljuisend’, orals in Afrika,
al’s slaw’rny-v’rhaal (droewig) noggie v’rby,
“Kwerekwere”, “Boesman”, “Lawu”, “Slams”,
pejoratiewe nog innie mieks, eg irrasioneel,
uit v’rstereotiperingsmuseum g’roof, g’steel,
skep g’bruiker afstand, via vúíl woord, kras,
via aanwend van wanbeeld, illusie van “ras”,
asof hulle glattie saam m’t “Ann’r” wil wees

sup’r-ultra-b’vrees, v’rward, onkundig, bang,
lat “innie-see-in-dryf”-storie miskien waar is,
soort retrogressiewe spieëlbeeld-replikering,
van allie mee- en voorgang’rs van apartheid,
negering, ignorering, van medemenslikheid,
g’n v’rbandlegging tuss’n ubuNtu en umNtu

eish, sien Mens Self hoe onmenslik’s Mens,
hoe onafrikaans Afrika-taalspreker optree

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top