tru-wend’ng, ou-skool, ultra-regressief, “Boschman”,
uit Mirr’l-Hollands, vir oran utan, eish, nu “hotnot”,
glo hegemonie glo nie aan omni-pejoratief-v’rbod,
al groet /Xam m’kaa’ oppie landswap’n, “Khoisan”
erkenn’ng, rekognisie, 2007 al toeg’ken, via VN,
nie dryfkrag agt’r klein “Groot Trek”, N2-staptog,
duimgooi’rs onb’wus, van anti-g’skied’nis-oorlog,
nessie volksmoord, struktuurg’weldstorie, ontken
eish, hartseer, so ’n onkund’-ontkenningskunde,
slagoffers Self degradeer, via allie neo-agitprop,
Mens’t v’rgeet’t, hoe’s Eerstes van eie, als, g’rop,
warr’l b’vryd’ngsdrome in Millennium Drie-winde
vir diegene sonn’r ’n g’skied’nis, wet’nskapl’k ’n feit,
Mens ’n Mens via mede-Mens, Skepp’r se Waarheid
Jacobus Faasen

