Agnostisisme

  • 3

Kobus de Klerk is so lief vir hierdie woord, en in sy onkunde dink hy dat hy daarmee ewe spoggerig en smalend verwys na al sy teenstanders hier op SêNet. In kommentaar onderaan sy brief waarin hy omslagtig, soos ds Longdrop, probeer verduidelik dat dit goed is dat bere voortgetower word om 42 seuns te vermorsel, beweer hy dat agnostisisme die “opperste vorm van morele bankrotskap” is.

Die woord agnostisisme is in 1869 deur die buldoghond van Charles Darwin, professor Thomas Huxley, geskep. Waar Christene daarop aandring dat hulle alles (en ek bedoel alles), weet, dring die agnostikus daarop aan dat hulle nie alles weet nie. Die woord het hy geskep juis as versagting van die felle stryd wat daar geheers het in hierdie godsdiensdebat, want die ateïs het sommer prontuit “fok julle, en fok julle ou bekrompe, hardlywige ou gelofie” vir die Christene gesê. Die houding van die agnostikus was dié van versoening in hierdie debat, want die menslike verstand en begrip het beperkinge.

Natuurlik onnodig om te sê, ek is ? ateïs.

Groete

Angus

  • 3

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Ha,ha,ha Angus, jy sal nie glo hoeveel maal ek hierdie sin aan die infernale Kobus de Klerk probeer bring het nie - met skakels na gesaghebbende blaaie en al - als tevergeefs ... geen mens met gesonde verstand behoort eintlik in Kobus de Klerk se waansin vasgevang te word nie - seg sekerlik maar ook nie veel van die uwe self, en al die ander wat so gereeld in die Kdk-emmer trap nie ...

  • KdK kan nogal vermaaklik wees, maar ek moet sê, dit is ook besonder tydrowend om met hom te argumenteer, soos ek uit dure ondervinding agtergekom het. Ek dink nie ons hoef ons eintlik veel aan hom te steur nie.

     
    Jare gelede toe ek in Sunnyside in Pretoria gewoon het was daar so ou omie in 'n swart pak en hoed, wat met pamflette onder sy arm die strate bewandel het en elke nou en dan baie hard iets geskree het. Ek kon nooit uitmaak wat dit was nie. Maar as jy naby hom verbygestap het, het hy soms sy vinger dreigend na jou geswaai soos PW, en dan gesê "vind Christus voor tien-uur!" My oom, toe al in sy sestigs, sê my toe dat die einste omie sedert sy eie jeugjare al die strate so bewandel. Ek kan my nie voorstel dat hy in dekades se geskreeu en vingerswaaiery veel mense kon bekeer nie.
     
    KdK laat my aan daardie omie dink. Hy het so paar getroue ondersteuners hier, wat alles en enigiets wat hy sê glo, en dit sal aanhou glo wat ons nou ook al doen. Hulle het almal reeds vir Christus gevind, lank voor tien-uur. Niemand anders steur hulle juis aan die spulletjie nie.
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top