Selfbeskikking vs staatsbeskikking

  • 0

.

Sou 'n groep wittes self as kollektief, gate in paaie regmaak, noem niemand in SA-media dit "apartheid" nie. Tog, dis 'n vorm van selfbeskikking. Ek kan nog vele sulke voorbeelde noem wat neerkom op wit kollektiewe selfbeskikking en aanvaarbaar is. 

O wee, praat net oor eie instellings en dis onmiddellik "apartheid"! Tog was die wit kollektief wat bv slaggate reggemaak het in paaie, ook aksie van wit eie instelling in gemeenskap. So kan ek herstel van pompstasies by waterwerke en rioolwerke, opruim van terreine ens ook noem as wit selfbeskikking en niemand vind fout daarmee nie. 

Waag dieselfde wit kollektief egter om 'n eie instelling te begin, bv skool, dan is dit onmiddellik "apartheid"! Tog bestaan daar Joodse- en Moslemskole en niemand het probleem daarmee nie. 

Wat is fout met wit nasionalisme? Is die gewilde tendens om meelopers met liberales in die VSA te wees, veral SA-media en sg politieke kommentators?

Hans Richardt 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top