Selfbeskikking vir Afrikaners

  • 2

Waar staan die Afrikaner vandag sedert 1994 en hoe gaan dit oor die algemeen met Afrikaners? Dinge lyk maar beroerd en die Afrikaner trek al hoe meer aan die kortste end. Die Afrikaanse taal word oral uitgewerk, die Afrikaner se geskiedenis word misken, sy erfenis word vernietig en sy regte word op getrap. Die Afrikaner word blameer vir als wat in die verlede gebeur het en kry ook die skuld vir als wat nou in die land verkeerd loop. Oor die algemeen kry witmense die skuld vir alles wat fout is in die land. Dan praat mens nie eers van regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming nie.

Dis alles dinge wat diskriminerend is teenoor minderheidsgroepe, soos die Afrikaner. Het dit nie tyd geword dat die Afrikaner opstaan en sê genoeg is genoeg nie? Suid-Afrika het ’n verskeidenheid van volke, tale en kulture en selfbeskikking is die enigste haalbare oplossing vir die land met sy probleme. Laat ons dus met nuwe oë kyk na selfbeskikking en minderheidsregte. Artikel 235 van die grondwet maak juis voorsiening vir selfbeskikking en is daar vir die Afrikaner en alle ander minderheidsgroepe wat dit wil opeis. Is die tyd nie nou ryp daarvoor nie?‎

Groete

 Frik Lotz

  • 2

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Frik Lotz, selfbeskikking, afsonderlike ontwikkeling, konstellasie van state, Raad van Afgevaardigdes, Contralesa? Wat is werklik die probleem wat minderhede stop? Orania, Teanakei, Pela ens? Die stukkies is nog daar en word as "oorblyfsels van apartheid" in SA politieke korrektheid media beskryf! Wat is die ideaal waarna hierdie selfde politieke korrekte media dan streef? Geforseerde etniese amalgamasie is teenpool van geforseerde etniese segregasie en misdaad teen mensdom.

  • Barend van der Merwe

    Die Afrikaner identifiseer nog sy grondgebied Frik. Hy doen dit al die afgelope 30 jaar en gaan oor 30 jaar van nou steeds rondsit en die "grondgebied" identifiseer. Want dis wat Afrikaners doen wat na vryheid strewe. Hulle sit rond en identifiseer die grondgebied.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top