Selfbeskikking is erkende reg in Afrika-menseregtekonvensie

  • 8

Vir dié wat fundamentele reg tot selfbeskikking in Afrika in twyfel trek, dit is erkende reg in Afrika-menseregtekonvensie, wat deur SA as lid van die Afrika-unie erken word.

Die erkenning van VN-konvensie oor selfbeskikking in Art 1. Dit word ook so erken in Art 235 van Grondwet 1996. Die feit dat almal gelyk is voor die reg, word misken in die uitsluiting van wit Afrikaners in die Wet op Tradisionele Leiers. 

Ingevolge die 23 April 1994 Akkoord, was wit Afrikaners die geleentheid gegee om dmv eie volksraad tot eenstemmigheid oor die UITVOERING van selfbeskikking te kom, in die parlement onder VF+-leierskap. Helaas het die VF+ besluit dat die Volksraad referendum nie gehou sal word nie en het hul eensydig besluit om die Volksraad te ontbind in 1998. 

Dit beteken nie dat die reg tot selfbeskikking ophou bestaan het nie, slegs dat die VF+ gekies het om nie leiding hiermee te neem nie.

  • 8

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    As SA nie selfbeskikking vir wit Afrikaners vir hul eie kultuur, onderwys en taal wil gee nie, gaan hul onttrek van die Afrika Freedom Charter of human rights soos aan die internasionale strafhof in Den Haag?

  • Beste Hans
    Die ANC glo nie in 'volke' nie. Volgens Stats SA bestaan die bevolking van Suid Afrika uit: “Blacks 80.8%,Coloured 8.8%,Indian/Asian 2.5%,White 8.%)” 31 Julie 2017.Statistiese vrystelling PO3022017.
    As jy .https://www.news24.com/SouthAfrica/News/khoisan-chief-camping-at-the-union-buildings-says-smaller-parties-are-the-way-to-go-20190428,lees sal jy sien dat die “eerste mense” al sedert November 2018 uitkamp by die Uniegebou en sekere eise omtrent hul bestaansreg het, soortgelyk aan die waarna jy verwys.
    Dit sluit die verwydering van die benaming “kleurling” in. Tot dusver het die ANC-regering hul nog nie te woord gestaan nie en kamp die groepie heerlik uit op die gronde van die Uniegebou en “dreig” om hulself permanent daar te vestig.
    Soos in enige demokrasie bepaal die meerderheid wat die lot van minderhede is. Die meerderheid is volgens die ANC die 80.8% Black en dit is hul belange wat die swaarste by die ANC weeg en nie die oorblywende 19.2 % nie. Dit is hulle wie se stem deurslaggewend by die stembus is.
    Dit is die realiteit van die 1994 verkiesing, minderhede het besluit om hul lot in die hande van die meerderheid te plaas en is dit wat in enige akkoord en wetgewing vervat is net so goed soos die bereidwilligheid van diegene wat die lotbepalers is om gehoor daaraan te gee.

  • Avatar
    Hans Richardt

    FC Boot, dan behoort selfbeskikking mos die las van ANC vir 80% van bevolking te verlig?

  • Beste Hans
    En waar dink jy sal die ANC van die gansies wat goue eiers ( dalk white monopoly capital) lê hervestig?

  • Ja Hans, die ANC gaan hul net los waar hul is,want dit is nie altyd 'n goeie ding om 'n gansie van haar nes te lig waar sy besig is om te lê nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    FC Boot, jy sing jou swanesang. As mens gister se paaie vergeet, sien jy geen hoop in donker toekoms nie.
    Die ANC se goue eiers stop ook. Verder maak jy my glad nie bang vir selfbeskikking nie, net onrustig oor mense wat sonder emosionele intellek redeneer.

  • Beste Hans
    Jy is nie mooi by nie, want jy vertel nêrens hoe jy selfbeskikking gaan afdwing en waar dit gaan plaasvind nie. Onthou enige wetgewing in die verband moet deur die parlement goedgekeur word en dit gaan nooit gebeur nie solank die ANC of 'n party met dieselfde ideale aan bewind is nie.
    Jy ken my ook glad nie. In my voorbarige jeugdigheid besluit ek dat die toekoms in die HNP lê. Dus werf ek fluks en organiseer op 'n plattelandse dorpie waar die oorlede Minister van Landbou, Hendrik Schoeman die septer swaai.
    Die HNP, soos jy seker weet, was erg gekant teen die Engelse pers en Engels. Kon dus nooit van simpatiekgesinde Engelssprekende kollegas oortuig om vir die party te stem nie.
    Van al die ideale het niks gekom nie. Al wat gebeur het, was dat nadat my betrokkenheid
    aan die lig gekom het, ek redelik eenkant gestoot is in my werkkring, want die party was onder hewige kritiek en aanvalle van die NP en Nasionale Pers.
    Dit was egter verstommend hoeveel stemme die party bv in sommige verkiesings gekry het; dit terwyl in die distrik waar ek woonagtig was daar net ses mense die moed van oortuiging gehad het om by die HNP tent aan te klop tot groot vreugde van die NP-ondersteuners. Hul gesigte was egter heel strak toe die stemme getel word en daar baie meer as net ses stemme was. Ondersteuners wou nie hul werkposisies in gedrang bring nie, want die base van besighede was groot ondersteuners van die NP.
    Jy het seker gesien hoe besigheid hul nou agter Pres Ramaphosa en die ANC skaar. As jy gedurig agtertoe kyk, gaan jy nooit reguit ploeg nie en verstik jy naderhand in die stof.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top