"Selfbeeld" deur Ida-Marié Steenkamp

  • 0

Selfbeeld

Vers 1

Vanaand is dit donker,
donker hier by my.
Binne my is dit nog hartseer,
al is die trane minder.

Vers 2

Ek kyk rond met donker oë,
sien jou foto
en sien die selfoon langs my lê.
Ek het nog nie van jou gehoor.

Koor

Ek soek jou,
soek jou nou by my.
Het jou nodig maar wil nie pla,
so ek sal liewer stilbly.

Vers 3

Jy verdien meer,
jy verdien lag en geluk.
Iemand beter as ek,
iemand sonder al die seer.

Vers 4

Dis ek wat dit doen,
ek maak myself seerder.
Ek vergelyk myself met hulle, die poppies.
In my kop, in my oë
kom ek altyd tweede.

Herhaal koor

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top