indien ysterpenne, elektriese alarms, mure, drade, honne,
nie geweld van struktuurgeweld, kan uithou, kan verhoed,
indien Mens so verswempoe, moer toe, ultra-verhlopekha,
enigste hoop, dié op vrede, tydens doodgatproses, sterwe,
struktuurgeweld nie direk aan Mens eie lyf, ervaar, b’leef,
hoef te word, klontjiekry-tyd tot piramiedskema-schemer,
tot opportunis beperk, vóór stelsel onekonomies ontspoor
Gewete-loosheid van geweld, struktuurgeweld, doelgerig,
nes onbegeleide vuurpyl, missiel, doodsdraer, op teiken af,
pyl, eie kamera aan boord, voor mikpunt uitgewis, vernietig,
stukke vyand later tussen stukke puin uitgevis word, o, eisj,
Mens Mens Self, Self-destruksie-vennoot, Self-uitwissend,
van enige sprake, moontlikheid, op Sekuriteit, ontneem
allereerste stap van swakkeling: dié van submissivering,
gewetenloos, apologeties, gebrek aan Gewete t’ignoreer
Jacobus Faasen

