"Adultery, divorce, polygamy, and free union are grave offenses against the dignity of marriage." (Catechism Of The Catholic Church. Par. 2400)
Bogenoemde sal die oorgrote meerderheid van die Christelike Kerke mee in eenstemming wees.
Eers was masturbasie ‘n sonde. Paulus raai aan: “Indien jy van wellus brand, is dit beter om te trou.” Toe was daar ook gesê seks binne die huwelik moet alleenlik plaasvind met die doel om kinders te wek, God sê: “wees vrugbaar en vermeerder” en nie vir plesier nie. Voorbehoedmiddels was ‘n sonde, selfs die doodstraf verdien. Onan, Judah se een seun is met ‘n weerligstraal doodgeslaan toe hy coitus interuptus (die penis ten tye van ejakulasie van die vagina onttrek het om die vrou nie te bevrug nie). Die Ou Testament is streng voorskriftelik met betrekking tot seks, veral ten tye van ‘n vrou se “onreinheid” wanneer en wanneer-nie seks gepleeg mag word al dan nie. In beide die Ou en Nuwe Testamente word van die vrou verwag om aan haar man onderdanig te wees. Selfs Angus Buchan het onlangs vir sy “Mighty Men” gepreek hulle moet weer beheer oorneem en dat vrouens weer aan hulle onderdanig moet wees. Volgens die Bybel moet vrouens in die openbaar, veral in die Tempel, Sinagoga of Kerk, skaars gesien en glad nie gehoor word nie. Vrouens moet hulle koppe bedek, veral in die Kerk en beskeie geklee wees. Vir enigeen binne die betrokke godsdienstige gemeenskap was swaar strawwe opgele vir enigiemand wat van al hierdie vereistes afgewyk het.
Al bogenoemde sieninge was vir amper 1900 jare deur die meerderheid Christelike Kerke streng toegepas, toe tree verandering vanaf vroeg in die 20ste eeu in werking. Die kerke het skielike evolusie ontdek. Vroueregte word vir ewig verskans; aanvaarding vir die plesier van seks; aanvaarding van voorbehoedmiddels (behalwe die Katolieke Kerk); om te kan skei, sonder die voorskriftelike egbreuk als enigste vereiste, eers ‘n skamele getal – amper onmoontlik gemaak, vandag ‘n vloedgolf; vroue ge-emansipeer en bewaar die siel van enige man wat hulle probeer domineer, in die samelewing, Kerk of selfs in die bed! Koppe word nie meer bedek nie en die aanloklike lyf word (amper naak) ten toon gestel, selfs in die Kerk. Die Kerklike “tug”, eers gevrees, later verflou, vandag bestaan dit nie meer eers nie.
Nou vra ek myself, as moffie-ateïs, die volgende af: in die lig van bogenoemdes, het die Christen se God verander, of het die mens hierdie veranderinge sonder toestemming in werking gebring? Indien wel God, dan is Hy mos inkonsekwent en indien inkonsekwent, dan kan Hy mos nie ‘n God wees nie! Indien die mens, dan is hy mos ongehoorsaam aan sy God? Of het ek die kloutjie by die oor beet?
Dieselfde geld vir homoseksualiteit. Die Bybel se sieninge rakende homoseksualiteit is heel duidelik en ondubbelsinnig, ongeag hoe sekeres dit probeer afwater. Maar soos met alle ander Bybelse seksvereistes hierbo genoem, is volkome afwatering in die proses besig om in die Kerk te gebeur. Ek gee nie eers twintig jaar voordat volkome aanvaarding ‘n volkome fait accompli is nie. Met betrekking tot gay-kerke en gay-huwelike (huwelik is suiwer ‘n godsdienstige instelling), die mense bluf niemand nie, net hulself. Die aangewese formaat vir gays is “civil union”, en in die meeste gevalle ongebondenheid (soos myself).
Hier waar ek vir ‘n maatskappy werk, word sekere voorvereistes aan my gestel om my werk te behou. Ek moet die korporatiewe beeld uitbeeld rakende gedrag, voorkoms, uniform, rustye en etenstye, selfdissipline, onderdanigheid aan my base, ens. Wyk ek daarvan af, kom ek voor ‘n dissiplinêre verhoor van die maatskappy, wat sal beslis of ek myself genoegsaam tot inkeer gekom het om my dienste te behou al dan nie. Ergere gedrag soos diefstal as voorbeeld, het tot gevolg dat ek summier afgedank word. Word Kerke nie meer soortgelyk bedryf nie?
My siening is. Wees gehoorsaam aan die vereistes van jou kerk of geloof, alternatief skei van hulle uit indien jy nie meer op dieselfde vlak met hulle verkeer nie. Om te bly is beide oneerlikheid teenoor jouself, en geveinstheid teenoor jou Kerk en die samelewing. Waar Jakobus in sy sendbrief aan Christene (rakende die mag van die tong) vra, hoe kan skoon en vuil water gelyk vanuit dieselfde fontein uitvloei? Onmoontlik. So ook maak jy ‘n bespotting van jou geloof waar jy die vereistes daarvan nie uitlewe nie, en probeer gelyktydig beide Christus en Satan (volgens Christelike sieninge) te aanbid. After all is said and done. Die meerderheid sal tog nie aan hulle kerk se vereistes voldoen nie.
Buite kerkverband, soos in vroeër tye, het die kerk geen seggenskap oor die lewens van diegene wat nie lid daarvan is nie. Vir die Kerk om die instrumente van die staat te gebruik of manipuleer om non-lede te intimideer, vervolg of te dood, is buite die raamwerk van hulle eie geloofsmandaat. Ek as moffieslet-ateïs is nie lid van enige vorm van godsdiens nie. My sekslewe hoe ek dit ookal bedryf, en hoe ook onaanvaarbaar vir hulle, het niks met enige godsdiens-organisasie uit te waai nie. Indien sodanige pogings aangewend word, sal ek dit weerstaan met alle mag tot my beskikking. Ek respekteer gelowiges hulle reg tot godsdiens-affiliasie, (en verafskku hulle wanneer hulle voorgee wat hulle nie is nie) en ek verwag van hulle op hulle beurt om my reg tot ongebondenheid, wat insluit homoseksualiteit buite lidmaatskappy van hulle kerk se geloof, indien nie te respekteer, nie poog om my te dwing om soos hulle te wil wees nie.
Jaco Fourie


Kommentaar
Dag Jaco.
ek verag wat jy doen, maar ek verag jou nie. Jou brief is baie duidelik en jy het my respek vir jou standpunt. Jy het meer "balls" as die moffies wie knaend 'n rede soek vir hul moffieskap en weier om te erken dat dit hul keuse was. Jy het onlangs geskryf dat jy teen die aanneem van kinders deur homoseksualiste is, ek stem saam.
En dan jou beskrywing van jouself, moffieslet-ateis. Daarmee het jy 'n "benchmark" gestel. Hoe beledig iemand jou hiervandaan? Hoe bewoord mens 'n belediging wat daai benchmark kan troef? Dit gaan maar lol reken ek.
Jaco ek het nie juis 'n saak met homoseksualiste nie, elkeen maak keuses vir homself en weet dat alle keuses gevolge het, absoluut alle keuses het gevolge. Wat my na strydbyle laat gryp is die wat goedkeuring van homoseksualisme uit die Bybel probeer wring. Ek is bly om te lees dat jy 'n lagie perspektief daarop verf.
Soos gesê, jou benchmark is hoog. Ek en jy het al beledigings uitgeruil en ek merk op dat jy 'n swart belt in bêkgeveg het, ek is bly om te sien dat jy rasioneel ook kan wees.
Ek groet
Duitswester
Hello Jaco et al,