Seisoen
Ek kruip weg in die skadu van my kitaar
Die stemme is dood in die hoeke van die bar
Blare teen die ruit sê die winterwind is koud
Die deure bly gesluit, die atmosfeer benoud
Ek wandel tot laat in die aand rond
In my skaduwee grom daar ? pikswart hond
Hy lag vir my,
want hy
versteek my son
Ek sweer dis die duiwel goed vermom
Platsak en alleen
Platsak in die reën
As ek maar net kon leef
in ? seisoen sonder weemoed
? Bloedrooi son oor ? plakkerskamp skyn
? Bloedrooi son agter vliegtuie verdwyn
? V van watervoëls beweeg deur die sfeer
Die somerstilte van die skemer, sak sag oor Kaapstad neer
Versteur deur shunting treine en donker donderwolke
? Rukwind ruk al meer en meer en fluit rond in die donker
Ek kan voel hoe die lug
drukkend om my wurg
? Storm is oppad
uit die hemel, in my murg
Platsak en alleen
Platsak in die reën
As ek maar net kon droom
Van ? seisoen sonder weemoed


