Seëpoort

  • 3

Foto: Canva

 

kwylend vlerk my oë

oor die vergane triomf

van ’n gevalle Jerusalem

wat agter ’n dowwe konstelasieglans

tralies trek oor my sig

 

wurgend gord verwarde denke

die lamheid van my lendene

as jy onnoembare afgode

oor onsigbare afstande roep

knielend voor triomfboë

wat in stomheid

van bergtoppe skreeu

 

my roete – my redding

kom uit die blou-blou lug

vanuit die Goddelike triomfboog

van die Almagtige God

 

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top