"Scary Stuff" deur Johanette Loubscher

  • 0

Scary Stuff

Ek hardloop deur die strate in die donker nag
Die wind waai papiere teen die heinings vas
Donker wolke skuif deur die silwer maan
Nekhare rys, wat’s aan die gang?

REFREIN:
Scary, cary stuff
Dalk a ghostbust theme of ? spoke-jag
Dis wat my jaag hier deur die donker nag
Dis wat my jaag hier deur die donker nag

Ek hardloop deur die strate in die donker nag
Die wind suig om die hoeke, is dit ? kat wat daar lag?
Bo in die takke sê ? uil hoe-hoo
Sweet druppels gly langs my ruggraat af

REFREIN

Ek hardloop deur die strate in die donker nag
Bome wat kraak en skuur teen die muur
Hoor jy die gelag van spoke wat loer?
Dink dis genoeg van die avontuur

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top