Scary stuff
Vers
Ek hardloop deur die strate in die donker nag
Die wind waai papiere teen die straatheinings vas
Donker wolke skuif deur die silwer maan
Nekhare rys, wat’s aan die gang?
Koor
Scary … scary stuff!
Dalk a ghostbust theme of ’n spokejag
Dis wat my jaag hier deur die donker nag
Dis wat my jaag hier deur die donker nag
Vers
Ek hardloop deur die strate in die donker nag
Die wind suig om die hoeke, is dit ’n kat wat daar lag?
Bo in die takke sê ’n uil hoe-hoe
Sweetdruppels gly langs my ruggraat af
Koor
Scary … scary stuff!
Dalk a ghostbust theme of ’n spokejag
Dis wat my jaag hier deur die donker nag
Dis wat my jaag hier deur die donker nag
Vers
Ek hardloop deur die strate in die donker nag
Bome wat kraak en skuur teen die muur
Hoor jy die gelag van spoke wat loer?
Dink dis genoeg van die avontuur
Koor
Scary … scary stuff!
Dalk a ghostbust theme of ’n spokejag
Dis wat my jaag hier deur die donker nag
Dis wat my jaag hier deur die donker nag
![]() |