SBA: Onderwysseminaar op 16 Februarie 2013

  • 0

 

Die SBA bied aan

'n Onderwysseminaar

16 Februarie 2013 om 9h00 vir 9h30

Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch

Deelnemers aan die seminaar sluit in die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, Die Federasie van Skoolbeheerliggame en die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie.

Sprekers wat sal optree, is dr Michael le Cordeur (voorsitter, ATR), Piet Delport (arbeidsverhoudinge, SAOU), Joseph Markgraaff (FEDSAS, Wes-Kaap), Chris Klopper (HUB, SAOU) en Danie van Wyk (HUB, SBA).

Onderwerpe sluit onder meer die volgende in:

  • Die belang van moedertaalonderrig
  • Die rol en funksie van skoolbeheerliggame
  • Dispuutresolusie en onderhandelinge in die onderwys
  • Arbeidsverhoudinge in die onderwys
  • Die bemagtigingsrol van die SBA.

Daar sal ook geleentheid wees vir interaksie met die sprekers.

 

ONDERWYS IS ONS ALMAL SE VERANTWOORDELIKHEID.

’n Beperkte aantal sitplekke is beskikbaar. Skakel asseblief so spoedig moontlik (geen inskrywingsfooi nie - gratis toegang).

Vir meer besonderhede, skakel Danie van Wyk by 021-9141379/083 382 3565 of stuur ’n e-pos aan daniel.vanwyk@media24.com.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top