SBA skenk Afrikaanse verklarende woordeboeke

  • 0
Voorste ry van links na regs: Danie van Wyk (HUB SBA), N Twalo, M Dlukulu, N Maqashu (onderhoof), A Thys
Agterste ry: A Mphuthing, X Nqwitha, J Kasayi, N Feni

 

Mnr Danie van Wyk, HUB: SBA, het op 24 Oktober 2012 by 'n isiXhosa-sprekende laerskool in Oudtshoorn, Bongolethu Public Primary School, besoek afgelê.  Hy het namens die SBA Afrikaanse verklarende woordeboeke aan die skool oorhandig. Die ontvangs by die skool was uiters positief en daar was lekker in Afrikaans met mekaar gepraat.

Wat die situasie by daardie skool interessant maak, is die feit dat die ouers van die skool nou by die WKOD aansoek gedoen het om volgende jaar 'n Afrikaanse klas in graad 1 by die skool te begin.  Die kinders kan nie vorder in Engels nie en baie van hulle is Afrikaans huistaalsprekers, alhoewel hulle isiXhosa magtig is.  Leerders van hierdie skool lewer uitstekende uitslae aan Bridgton Sekondêre Skool, ’n skool in die nabygeleë bruin woonbuurt, waar onderrig in Afrikaans aangebied word.

Die donasie is hartlik ontvang en die skool het hul dank uitgespreek teenoor die SBA.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top