SARS-COVID, MERS en COVID-19

  • 2

In 2002 was SARS-COVID bekend gemaak. Die oorsprong, China. 5 jaar gelede MERS in Sirië.  Daar is nooit spesifieke inentings of medikasie ontwikkel in 18 jaar nie. Is dit oorlewing van die sterkstes in die "slim" benadering met afsondering van simptomatiese pasiënte? Ons het nog steeds net dieselfde ou medikasie. In 1918/-19 het "Spaanse Griep" meer lewens geeïs as die slagting van die oorlog. Tog is die wêreld nog steeds oorbevolk. Die Vierde Industriële Rewolusie kan nog steeds nie hierdie menslike virale bedreiging hanteer nie, tegnologie het ook beperking. Wat sê Greta Thunberg oor hierdie aangeleentheid? Longsiektes was al in tyd van Hippokrates en Plato. So: is moderne mens regtig slimmer as antieke mense? 

Hans Richardt 
  • 2

Kommentaar

  • Hans, en ook die volgende:
    My geliefkoosde Sondagkoerant lys al die Groot Griepe (Bron Wikipedia)
    1889 - '90: 900m siek en 1m maak dit nie.
    1918 - '20:Spaanse griep: 500m siek en 50m maak dit nie.
    Hiervandaan oorleef Raed dit:
    1957-'58: Asiese griep: 1 miljard siek en 4m maak dit nie.
    1968-'69:Hong Kong griep: 1 miljard siek en 4m maak dit nie
    2009: Vark griep 1 miljard siek en 575,000 maak dit nie. (My seun kry dit op Maties, maar maak dit gemaklik)
    So wat dink jy is my kanse hierdie keer?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Ons het nie geweet wat griep was nie, tot in 1980’s.
    Toe begin die griepentstof ... Daarna is dit nag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top