"Sarie Marais" deur Pierre van Zyl

  • 0

Sarie Marais

Vers 1

Dit was November 1901
ek was vasgepen in die reën
maar al wat ek kon sien voor my oë
was my bokkie op die plaas
ek’s nou sommer bewoë
voor die oorlog het ons gedroom
oor die troue en waar ons sou woon
Here, gee my nog een kans
nog net een aand dat ons weer saam kan dans.

Koor

My Sarie Marais is so ver van my af
ek hoop om haar weer te sien
sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon
nog voor die oorlog het begin.

Vers 2

Die vonke spat rondom my
my liefde vir jou sal vir altyd bly
my gesig is vol sweet en bloed
my liefie, hou asseblief goeie moed
dis nog net tien treë tot by die kamp se hek
die Kakies moet net padgee of ek skiet hulle vrek.

Koor

My Sarie Marais is so ver van my af
ek hoop om haar weer te sien
sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon
nog voor die oorlog het begin.

Drukke
G; D; C; D

Ritme
G x 4; D x 4; C x 4; D x 4

Metode
Vers; koor; vers; koor; instr (so lank soos die koor); koor

 


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top