Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, en Sanlam het die wenners van die Sanlam-pryse vir Jeuglektuur 2011 op 16 Oktober bekend gemaak.
Annelie Ferreira verower die goue prys in die Afrikaanse kategorie vir Tot siens, koning Arthur. In die Engelse kategorie wen Jayne Bauling goud vir haar roman Dreaming of Light. Die veelbekroonde Kabelo Duncan Kgatea wen goud in die kategorie Sotho-tale met sy boek Mmudubudu. Silwer pryse is toegeken aan Derick van der Walt vir Hoopvol (Afrikaans), en die debuutskrywers Neil Malherbe, vir The Magyar Conspiracy (Engels), en BD Khawula, vir Yihlathi Leli (Nguni-tale).
Inskrywings vir die volgende kompetisie, die Sanlam-pryse vir Jeuglektuur 2013, is reeds oop. Inskrywings kan tot 30 Junie 2013 ingestuur word. Besoek Tafelberg se webwerf vir meer inligting en om ’n inskrywingsvorm af te laai. Dit is gebruiklik dat die Sanlam-pryse ’n tema het, maar in 2013 kan skrywers hulle verbeelding vrye teuels gee; daar sal dié keer geen tema wees nie.
Die wenboeke is nou landswyd in boekwinkels en in e-boek formaat beskikbaar.
Kyk hier na die boeke se lokprente:
Engels – Goud: Jayne Bauling vir Dreaming of Light
Afrikaans – Goud: Annelie Ferreira vir Tot siens, koning Arthur
Afrikatale – Goud (Sotho-tale): Kabelo Duncan Kgatea vir Mmudubudu (Setswana)
Engels – Silwer: Neil Malherbe vir The Magyar Conspiracy
Afrikaans – Silwer: Derick van der Walt vir Hoopvol
Afrikatale – Silwer (Nguni-tale): Bhekisigcino Damasius Khawula vir Yihlahti Leli (IsiZulu)

