"Sandkasteelprinses" deur Coenie Du Plessis

  • 0

Sandkasteelprinses

Dit is 'n sonskyndag en ek lê op die strand
ek het my swembroek aan terwyl die son my brand
Ek sien jou in die verte, jy dink seker ek is mal
want soos jy nader kom laat ek my roomys val

REFREIN:
Ek draai jou in die rondte, raak verlore in jou oë
jy's my sandkasteelprinses
Ek tel skulpies op en maak vir jou 'n kroon
jy's my sandkasteelprinses

Soos ons frisbee gooi, verloor ek my balans
Jy sê dit lyk of ekke met 'n meermin dans
Ek dink by myself, terwyl jy lag vir my
as jy 'n meermin was, kon ons seeperdjies ry

REFREIN:

Al is my kasteel van sand gebou
en het ek nie 'n wit perd nie
sal ek jou op my fiets lift

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top