sam’swer’ng

  • 0

ooreenkomste soms topg’heim, konfidensieel,
soms v’r kultuur-avontuur, meesal materieel,
v’rkeer eks-vyand’ ok saam, inne nu-v’rbond,
loop’l handommielyf, nes Roelf-’n-Cyril, rond

kan Mens ma net raai, wie’s nu kop-’n-symst’-mus,
of “tripp’l-B-dubb’l-E”, sonn’r “ras” nog pas, reg is,
hoe groot issie “mirr’lklas”, hoe klink die definisie,
watsie NDR se gewenst’ uitkoms, missie en visie?

ideologies kloof nog wyd, tussen oud- en neo-nasionalis,
g’wis, koppestamp oppe kgotla nie pret, v’r wattit werd’s,
g’meenskapl’k perspektief, re patriotisme, pseudo-illusie,
kyk net hoe ondemokraties kwyn tradisie v’n demokrasie

kollaborasie, sam’swer’ng, alliansie, v’r opportunis v’npas,
as’t nettie so erg wank’lr’g, onb’troubaar, onpeilbaar, was

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top