Sammajoor se duine-verligting

  • 0

Nou vertel die een oud-weermagman my van die dae toe hulle die Namib verken het vir strategiese doeleindes van die Weermag en hulle in die duine aan die suidekant van Walvisbaai gery het. Saam met die verteller, was die sammajoor in die voertuig en terwyl hulle nog so sand ry, toe kry die sammajoor een massiewe nood en dié was ’n groot probleem want die kakstoeltjie (die van julle 4x4-manne wat dink die idee van ’n kampstoeltjie met ’n gat in is ’n hedendaagse idee, is verkeerd) was op ’n voertuig wat al so ’n drie duine vorentoe al oor was. Hulle hou toe maar so teen die duin se ronding stil en hy sê vir die sammajoor hy moet tot op die kruin van die duin klim, en oor en dan so oor die kruin van die duin op sy hurke gaan sit en sy ding daar doen ... wat die sammajoor dan toe ook gedoen het en soos enige mens mos maar maak, toe hy klaar sy nood laat val het, draai hy om om om na sy poging te kyk, met sand toe te skop, ens, en daar was toe ... niks! Hier het hy met groot lekker die probleem uitgeryg en hy sien niks. Dit blyk toe dat dit ’n lekker stewige drol was en met die skuinste en die sagte sand het dit teen die duin se kant spoed gevang en afgerol!

Skree die een troep van die lag: “Gee vir die Sammajoor ’n verkyker sodat hy sy drol kan gaan soek!!!”

... daar was baie humor so in die “army”!

Namib

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top