Ek is nou al gatvol oor bg oor NP-tyd vanaf 1984 tot 1994! Asof ek nie in SA gelewe het of in die weermag of SAP was in die tyd nie! Ek weet dat die paswet in 1984 geskrap was en ook die gewraakte artikel wat seks oor kleurgrens verbied het. Verder weet ek dat bruin en Indiër stemgeregtig was van 1984! Ook het ek Michael de Morgan se meltdown op TV-nuus beleef, omdat sy wit vrou hom vir 'n bruin man gelos het. Dit alles voor kamtige 'bevryding' in 1994! Kan die KAK stories op LitNet nou stop asb?
Hans Richardt


Kommentaar
Hans, net ’n regstelling. Dit gaan oor die naaimasjien wat met die teoloog weggeloop het. Die ou wat dit op die TV moes ongeld was die arme Colin Fluxman
Jou brief behoort vir ’n hele paar ouens ’n nuwe perspektief te gee. Ek hoop almal lees hom.