
Hello,
’n Wyle terug was ’n brief hier gepubliseer waarin stellings gemaak is oor sameswerings en die oorlog in Irak en veral klem daarop geplaas is dat die hoofstroommedia nie vertrou kan word nie en eerder vermy moet word. Die ander argument was dat die inval in Irak was vir die VSA om so beheer oor die olie van Irak te verkry.
Die volgende aanhaling is tekenend van daardie stellings:
When US troops invaded Iraq 10 years ago, conspiracy theorists predicted that American oil companies would immediately seize control of the country’s vast oilfields. “People say that the Iraq war was fought over oil.”
Soos bekend is hierdie jaar die tien jaar herdenking van die inval in Irak en het dit tot ’n magdom nabetragting gelei en is ’n verskeidenheid van aspekte ondersoek. Die brief fokus net oor hoe die stand in Irak is wat die olie betref en bied geen oor die sosiale en ekonomiese toestande soos dit nou daarna uitsien asook of die inval hoegenaamd sinvol was.
Dit is genoegsaam om te stel dat dit nie sinvol was nie en die skade enorm was vir geen standhoudende doelwit nie.
In 2009 met die eerste onderhandelings vir kontrakte om die olievelde te opereer was die reuse van die bedryf teenwoordig om te begin onderhandel. Aangesien hierdie ’n lang proses is, is die finale ronde eers Mei 2012 bereik en was die oliereuse afwesig en spesifiek so die Amerikaanse gebaseerde firmas.
Die redes hiervoor is die politieke onstabiliteit, onaanvaarbare kontraktuele voorwaardes en infrastruktuurprobleme. Die meeste firmas verkies om te opereer in die semi-onafhanklike Kurdistan-omgewing en nie in Irak self nie.
Soos die bestuurder van ’n groot firma dit stel:
“Iraq is the toughest environment we operate in,” says the chief executive of a big western oil company. “And it will be tough for many years to come.”
Robin Mills van Dubai-gebaseerde Manaar Energy Consulting verwoord dit soos volg:
“American companies are now almost absent from the Iraqi upstream scene.”
Dit is opmerklik dat dit nie ’n groot verskeidenheid private maatskappye is wat in Irak opereer nie maar wel die oliemaatskappye wat in staatsbesit is, soos byvoorbeeld die van China of dan CNPC en is die verwagting dat teen 2035 ’n kwart van Irak se produksie na China uitgevoer sal word.
Daar is lig aan die einde van die tonnel:
But ultimately, the winner of the past decade has been the Iraqi state. The IEA predicts Baghdad stands to gain almost $5tn in revenues from oil exports to 2035 – offering a “transformative opportunity” for the economy. “It has secured a tremendous amount of investment and international help to develop its energy sector while giving away very little,” says PFC Energy’s Mr Alkadiri. “The Iraqis are well and truly in control of their own oil industry.”
Klink dit asof Amerika die wenners was en die oorlog dit werd was?
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Baie interessant, Wouter
Ek onthou die baie stories oor Bush wat aandele in die pyplyne het ens ens. Almal weet teen die tyd dat daar geen WMD was nie en dis duidelik dat die Yanks geen ooglopende baat gevind het nie, so hoekom het hulle Irak aangeval?
Daar is een klein "conspiracy" teoriekie wat vir my meer sin as die ander maak. Die teotie reken dat aangesien die Amerikaanse Dollar se enigste sterkte en dus sy behoud sy wêreldwye gebruik is, is dit kardinaal dat geen ander "currency" 'n alternatief word nie.
Die teorie reken dat neef Sadam besluit het om sy olie slegs vir Eurodollar te verkoop en dis hoekom die Yanks hom doodgemaak het.
Ek sal egter nie een dollar, Euro of Amerikaans, daarop wed nie.
Groete
Duitswester
Hello Duitswester,
My belangstelling in die internasionale politiek, miskien eerder die tyd wat ek daaraan bestee het, het oor die jare geweldig afgeneem. Daarom is ek half huiwerig om my eie stuiwer by te gooi, maar laat ons tog maar gesels.
Wouter maak dit duidelik dat die Amerikaners skynbaar nie gebaat het nie en tans nie ernstig betrokke is nie. Wat was dan die nut van die oorlog? Dis waar Duitswester se vermoede inkom. Ek sekondeer hom. Sadam het, net voor die inval, met 'n groot bek verklaar dat hulle 'n eie oliebeurs gaan kry waar al sy olie verkoop gaan word ('n taamlike persentasie van die wêrelproduksie) en dat daar op die beurs net in Euro gekoop en verkoop gaan word. Ek dink op daardie stadium was die Amerikaners nogal bekommerd oor die dollar en die Euro het juis gelyk of hy besig is om “sy kop op te lig” (hoe gril ek nou vir my eie anglisisme!).
Die Amerikaners het na die Tweede Wêreldoorlog (onthou hulle was toe werklik magtig) alles in hulle vermoë gedoen om goud te ondergrawe (en dit reggekry) want dit was die enigste waarde waaraan geld gemeet kon word. Hoe swakker goud hoe beter is hulle kans om die dollar die internasionale maatstaf te maak. Hulle het grootliks daarin geslaag en amper sê ek nuttelose papier dollars die internasionale norm gemaak. En hier kom die vermetele Sadam en probeer om nog 'n internasionale standaard langs die dollar staan te maak. Dit het hom sy lewe gekos en die van vele ander.
Dis nou nog 'n goeie rede om nie van die Yanks te hou nie.
Groetnis. George B
Hello George, Duitswester et al,
Daar is baie redes om nie van die Amerikaners te hou nie, waarvan die oorlog in Irak sekerlik een van die belangrikstes is.
Die vraag oor die Dollar versus die Euro as die reserwe geldeenheid is 'n moeilike vraag en volg ek die werk van Barry Eichengreen, (George C. Pardee and Helen N. Pardee Professor of Economics and Political Science at the University of California, Berkeley), skrywer van boeke soos (Exorbitant Privilege: The Rise and Fall of the Dollar and the Future of the International Monetary System), maar het darem sy hoofargumente opgesom in Foreign Affairs publiseer.
Die opstel deur hom dui aan dat 90% van die internasionale monetêre stelsel berus op slegs twee geldeenhede, die dollar en die euro.
Hierdie twee geldeenhede maak 90% van die internasionale reserwes op wat deur regerings en sentrale banke gehou word en is verantwoordelik vir 70% van alle handel in geldeenhede.
Hierdie bevestig dat die dollar en die euro die verhoog nou al vir 'n geruime tyd deel sedert die euro se skepping hier by 1999/2000 indien reg onthou word.
In 'n blog wat oor ekonomiese sake handel word 'n opsomming gebied oor die geskiedenis van reserwe geldeenhede soos gebaseer op 'n verslag van die Wêreldbank. Indien die Wêreldbank se verslag korrek opgesom is dan bied dit die volgende insigte:
Dit begin by die silwer drachma van antieke Athene wat bekou kan word as die eerste reserwe geldeenheid aangesien dit buite die grense van Athene gesirkuleer het.
Hierdie periode word gevolg deur die aureus goud muntstuk en die silwer denarius muntstuk uitgereik deur Rome.
Hierdie oorheersende rol van Rome kom tot 'n val, en is moontlike oorsake hier die effek wat inflasie op die waarde van die geldeenheid gehad en so die waarde verminder en wil niemand 'n bate wat in waarde verminder besit nie.
Hierdie is 'n ontdekking, maar die geldeenheid van keuse vir handel word die Arabiese Dinar, wie sou dit kon dink?
Die geskiedenis is altyd vreemder as wat vermoed kan word.
Die ontwikkeling hierop is dat die fiorino uitgereik deur Florence, na die Dinar sy rol verloor het, die geldeenheid van keuse word vir handel, tot en met die ducato van Venice daardie rol oorneem.
Die 1600 en 1700 behoort aan Holland, weens die oorheersende rol in handel.
Laat in die 1800, 1900 begin die verwantskap tussen goud en papiergeld vasgemaak en is dit die Britse pond wat die geldeenheid vir handel word wat dan op sy beurt weer gevolg word deur die dollar na die Tweede Wêreldoorlog en nog steeds staande is maar soos reeds gesien die verhoog deel met die euro.
Om dan terug te keer na die opstel van Eichengreen word die volgende aanhaling geplaas:
That is why the problems now faced by both currencies are so alarming. Today, more than at any time in recent memory, analysts and investors are voicing doubts about the stability of the dollar and the euro and the international monetary system that depends on them.
Consider first the dollar. Faith in its reliability was seriously undermined last summer when the debt-ceiling imbroglio in the United States revealed a seemingly unbridgeable gap between the political parties and raised concerns about the capacity of U.S. policymakers to put the country's financial house in order.
Foreign investors, who hold slightly less than half of all marketable U.S. Treasury debt, saw the crisis as proof that members of Congress would rather let the country default on its obligations than compromise on their own partisan objectives. And foreign governments were spooked.
As the debate reached a peak, Chinese officials lectured Washington on the need to act responsibly, China's state-run news agency disparaged the negotiations as a "madcap farce of brinkmanship," and then Russian Prime Minister Vladimir Putin characterized Americans as "living like parasites off the global economy and their monopoly of the dollar."
Doubts about the euro are even graver. The eurozone is divided into a relatively vigorous northern tier with sound finances and a southern one with crushing debts and nonexistent growth prospects. Europe's indebtedness is no greater than the United States', but unlike the United States, Europe has no federal fiscal system to transfer resources from prosperous to troubled regions -- and European leaders seem unwilling to create one.
At the same time, they are hesitant to write down unsustainable debts for fear of destabilizing the banks that hold them.All this implies that the euro will at best remain the weak currency of a permanently troubled Europe.
At worst, slow growth and tensions in the eurozone could ultimately lead countries to abandon the monetary union. Both scenarios would threaten the international monetary system.Such systems have collapsed before: first in the 1930s and again in the 1970s. The 1930s collapse played a significant role in spurring a worldwide depression that crippled economic activity and fed political extremism. In contrast, the systemic failure of the 1970s, although potentially just as dangerous, had far less catastrophic effects; the global economy was wounded, but not mortally. It is crucial to understand these two historical precedents in order to gauge what might happen today if there were full-blown crises of confidence in both the dollar and the euro.
Stabiliteit is dus van kardinale belang en vertroue in die land om veilg te bly.
Aangesien die dollar en die euro vir 'n geruime tyd nou al die verhoog deel, is dit onwaarskynlik dat Irak se keuse om sy olie in euro's te verkoop 'n ernstige impak op internasionale handel sou uitoefen is dit nie die koste van meer as $1 700 000 000 000 werd nie op Irak alleen nie.
Om te verseker dat die syfers akkuraat is, is die volgende opgekyk en bied USA Today die volgende inligting
Despite the challenges, Iraq has benefited from rising oil prices, which have soared to more than $60 a barrel. Iraq's oil revenue jumped from $5 billion in 2003 — when the price of oil was about half of today's — to $17 billion in 2004, according to the U.S. State Department.
Hierdie arikel was gepubliseer in Oktober 2005. http://tinyurl.com/d487ba2
Daar kan dus nie gesien word hoe 'n 5 miljard dollar goudvissie, 'n 25 triljoen walvis van internasionale handel van koers kan laat verander nie?
Dit word aan die leser gelaat om te oordeel en addisionele insigte van toepassing te maak.
Baie dankie
Wouter
GW Bossies is en was 'n skuimbek xtentjie wat stemmetjies gehoor het voordat hy saans in wetdreamland verdwyn het, die stemmetjies het hom aangespoor om die satan, Saddam uit te haal ... Saddam was 'n koel ou, liefhebber van Mateus Ros ebv, en het sy vrouens in Iraq goed behandel en alle vryhede gegun, geen wonder die hondsdol xtentjies en moslems het hom gehaat soos gif nie!!
BRICS bank bestaan reeds, en die USD en Euro is altwee reeds basies geskiedenis...bankrot geld van bankrot lande...dis al...
Hello,
Leopold Scholtz, het hierdie artikel vandag in Beeld en is dalk werd om te lees, Tien jaar ná die inval in Irak, http://tinyurl.com/c8xv34t.
Nie al sy argumente hou vir my water nie, veral dat George W se redes niks anders as wraak was nie en dan die ou argument oor olie. Beide is naas onbevestigbaar en gewone spekulasies.
Die enigste rede hoekom die arikel uitgelig is deur myself, is vir hierdie frase:
Vandag is daar taamlik algemene konsensus dat die oorlog ’n kenmerkende voorbeeld van hubris, onkunde en domastrantheid is. Dis ’n oorlog waarvan die smet vaskleef aan Bush, Cheney, Rumsfeld en Blair.
Dit kan dalk staan, leiers doen dom dinge.
Hierdie was dalk doodgewoon 'n dom besluit. Moeilik om dit te aanvaar, maar so tragies soos dit was en nog steeds is, was die inval dalk "net" 'n verkeerde besluit of veel erger 'n dom besluit.
Hierdie was 'n oorlog van keuse....
Baie dankie
Wouter