En vader Jakob se kerkklok het lankal gestop
En alles is weer mooi
In swart getooi
Dis hier in Kammaland waar ons huisie staan
Stewig op die rotse naby aan die maan
Deur die krake van ons mure waar die sonlig skei
Teen die saambou van ons ure
En ons lewe vol liefde bly
Lê ons paaie uitgeverf oor die canvas van jou lyf
Waar die wolke ons lei deur die saamvleg van ons tyd
Refrein:
Nou klop-klop jy saggies aan my hart
Terwyl jy dans in die reën
En ek nooi jou binne met jou reënboog paintings
Wat jy my mure mee kom kleur
Als is weer maanskyn en rose uitgemerk
Deur die woorde van jou kwas
Fluister liefde saggies sterk
Met die klimaks van die wysie saam gestel
Van die kleure tussen die lyntjies
In ons eie magic spel
Refrein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

