Daarom dat ek weer in die hippie-era voel. Hawai-five-o, China Beach, ou flieks uit 70's? Die musiek op RSG is uit die oude doos, wroeg oor poes. Ons deurleef apartheid met nuwe perspektiewe van dieselfde ou voos politici? Waar is die progressie in stede van voortdurende regressie in SA? Dis hoekom ek net my eie ding op my eie eiland wil doen en fok die res. Ek wil net wees, sonder ambisies of politiek.
Hans Richardt


Kommentaar
Hans: Ek het vir jare sonder TV klaargekom en hom nooit juis gemis nie. So jaar of twee gelede kry ek toe ’n stokou TV van ’n kennis wat aan die emigreer was en dus heelwat van sy huisraad uitgedeel het. Die ou ding vang net TV 3 en eTV op.
Ek kyk ook maar selde, want daar is nie juis veel op om te kyk nie. Maar ek het al van die goed gesien wat jy noem. Dit is vir my uiters ironies. In die 1980's het ons a.g.v. apartheid ’n kulturele boikot teen ons gehad, en al wat ons toe op TV gesien het was stokou reekse uit die 1960's, dikwels in Afrikaans oorgeklank.
Nou is die kulturele boikot verby, maar die SABC word so wanbestuur dat hulle nie juis geld het om programme aan te koop nie, so al wat ons nog steeds sien is stokou reekse, behalwe dat hulle die goed nie eers meer oorklank nie. In die ou dae kon mens darem nog vir die "oorklankiaans" lag (met konstruksies soos "Nou's hy dood, sien jy daar" en "Haai luister man, ek breek jou vinger het jy dit" en "Ek gaan jou skiet en jy weet dit.")
Nog ’n ding wat skynbaar weg is, is sport op Saterdae. Nie dat ek ooit juis in sport geïnteresseer was nie. Maar ek onthou dat daar Saterdagmiddae altyd die hele middag sportuitsendings was, dikwels regstreeks. Deesdae word Saterdae (ten minste op TV 3 en E) in beslag geneem deur advertensies vir versekeringmaatskappye en Amerikaanse rofstoei.
Miskien moet hulle eintlik juis van daardie ou oorgeklankte reekse weer uitsaai. Ek dink daar sal nogal ’n sterk nostalgie-mark wees vir reekse soos Derrick, Die Man van Staal, Die Tierbrigade en so aan. Ek wonder of daardie goed enigsins nog bestaan (dit wil nou sê in hul oorgeklankte formaat).
In ieder geval, ek volg maar meesal oorle' Kerkorrel se raad: sit dit af, sit dit af.