SA politiek?

  • 0

Tradisioneel is die arbeidersklas die kommunis, omdat dit hul strewe is om tot die top-room met sjokaladekrummels bo-op te beweeg. In SA is die ANC met die tri-partheid-alliansie so gebaseer, maar werk nie in die milieu van SA nie. Cosatu se top-amptenare bly in die noordelike voorstede in Johannesburg en gesels slim kommunisme met hul dokters en dokter-vriende in koffiewinkels? Daarom dat Cosatu in onguns by mynwerkers is. Daar is ’n skisofreniese situasie tans in die tri-partheid-organisie, waar jy as "kommunis" "shopsteward" begin en gradueer as ’n kapitalistiese LP of minister in ’n parlement in dieselfde organisasie. Byvoorbeeld, Vavi se gaste by sy huis kom in miljoenrand-karre aan, nie in ’n ratelende taxi vanuit ’n shack nie. Vavi en Cosatu-meelopers oortuig nie meer die werkersklas nie, al het hul nog hul post-traumatiese-stres-sindroom "arm struggle"-praatjies op TV met glase wyn op tafel en groot borde kos? Nee wat, "arm struggle heroism" kan nie meer met apartheid weggesteek word in voorstede van Sandton op "people of the south" nie. Dit, terwyl tafel vol kristal en silwer is? Gee die mynwerkers koek, as hul nie brood kan bekostig nie? Dis ’n revolusie-resep wat Mangaung nie met doepa gaan oplos nie.

Hans Richardt  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top