"Sê jou sê" deur Liezel Marshall

  • 0

Sê jou sê

Tyd gaan gou verby, as jou hart heel en bly is
Maar spyt my vriend, kom altyd laat
Woorde maak jou vry, as jou kop skoon en rein is
Maar tyd my vriend, raak klaar

REFREIN:
So sê jou sê en bly nie stil nie
anders bly ons mense leeg
Praat so hard as wat nodig sou wees
om ontslae te raak van vrees

Versprei die goeie tyding, dat als nog nie verby is nie
En skuif opsy die pyn en lyding, want dis net die begin dié
Moenie net praat omdat jy iets wil sê nie
En moenie net gee omdat jy iets terug wil hê nie

Kyk na jou hart en beskerm jou lewe
More mag te laat wees en dan is jy deel van die verlede
Gee liefde waar dit nodig is en huil saam as jy kan
More mag te laat wees, wat doen jy dan?

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top