ek vermoed ek sal onthou
die blou blou van die see in jou oë
wanneer jy vertel
van swem en tan en skulpe optel
en ek vermoed ek sal onthou
die klam-warm vannie sand
onder jou vel
jou maag ingevou
ek vermoed ek mag dalk daar wees
metafisies beskryf – in die gees
saam diep en oop-kyk tot daar
waar die horison die oseaan moeg inhaal, belyn
so saam met slukkies chardonnay, brokkies braaivis
’n traan, my lief
’n sopie pyn
hy … staan alleen
aan die einde van sy nat syferspore en kyk
wanneer jy die witstrand af loop
stil …
sou jy dan woorde
uit sy kop wou blokkiesraai
hartseer is stom
sê dan maar groete aan jeffreysbaai

