Rym vir fame of die wanna-be song
Aweh ahoy hier is ’n wanna-be liedjie
dis net silly woorde jou mind ’n bietjie tricky
jou kop is mostly
’n open unread book
met lang skoon lyne
wat soos virgins vir jou soek
jou pen lê en wag vir some inspired crazy ink
nou moet jy eers ’n break vat, opstaan iets gaan drink
jy vat ’n sip van jou cheap boksrooi - rook ’n sigaret
wonder oor die volgende wonder jy maar net
is die droom van famous wees al wat regtig oor is
does the answers lie in a muso’s catchy chorus
aweh ahoy
ry die wanna-be convoy
fairer than a maiden
kom check jou nuwe ryding
new school wil net weet van texting en van hits
old school’s te besig om hul eie stuff te mix
altyd gedink jy weet wat om jou aangaan
nou’t jy electric pels met ’n ingocnito usernaam
die beste is of course die million dollar question
watse begeertes hier binne jou begin te fester
soos maybe miskien waar’s jou eie goue lepel
of is jy ook suddenly nou ’n wanna-be disciple
jou beste pels se name is schizo en dis frantic
jou vriende se jy’s weird maar jy s ê dis genetic
so so sit jy saans en search die internet
soek antwoorde op vrae wat quizzila net sal weet
jy weet nie wat om te doen nie,
jy’s ’n drydocked gouevis
en rêrig bang
jy word weer ’n receptionist
aweh ahoy wens jy’s
charlie sheen se houseboy
enigiets om uit my 9 to 5 cubicle te kom
that’s why you gotta have a wanne-be-song
![]() |



